Scorpio gan Mahindra bene gee in Brits.

Scorpio gan  Mahindra bene gee in South Africa

Scorpio gan Mahindra bene gee in South Africa

Deon Eysele – Binne ‘n week het ek die geleentheid gehad om met twee heeltemal uiteenlopende voertuie te ry. Die een ‘n enkelkajuit werksbakkie uit Indië en die ander ‘n splinternuwe BMW wat bekend is vir sy egte Duitse presisie. verder verwyderd van mekaar as dit kan twee voertuie se gebruikswaarde nie wees nie, maar tog het ek elkeen op sy terrein geniet. Vandag val die fokus egter op Mahindra se Scorpio, ‘n enkelkajuit 4×4-bakkie wat ons vir ‘n toetstydperk onder hande geneem het.

 

Agtergrond
Hoewel Mahindra nog nie ‘n gevestigde naam as motorvervaardiger in Suid Afrika is nie, is dit een van die grootste voertuigvervaardigers in Indië. Trouens, dit is die voorste vervaardiger van ontspanningsvoertuie en trekkers daar met ‘n groot teenwoordigheid in kernsegmente soos infrastruktuur, inligtingstegnologie en finansiële dienste.
Oor die afgelope paar jaar is Mahindra ook in Suid-Afrika gevestig, met ‘n volledige handelaarskap onder die vaandel Mahindra Britds . Republikein is onlangs deur Mahindra Brits genooi om die Scorpio Pik-up enkelkajuit 4×4 vir ‘n paar dae te ry.


Die gedagte van Indiërs as goeie voertuigvervaardigers is nog nie iets wat by die deursnee Suid- Afrikaaners, in Brits  gevestig is nie, en dit was met dié onsekerheid in my gemoed dat ek die uitnodiging aanvaar het. Intussen, moet ek erken, het ek my eie mening oor dié ryding gevorm. Ek het ook gaan kers opsteek by ‘n boer in die Kalahari wat al lank met ‘n soortgelyke bakkie ry, maar ook al sewe jaar ‘n ander model uit die Mahindra-stal in sy boerdery gebruik met net positiewe gedagtes daaroor.

Scorpio Pik-up
Dié bakkies kom in ‘n 2×4- en 4×4-model asook enkel- en dubbelkajuit. Ons het met die enkelkajuit 4×4 gery. Dié reeks bakkies is bekend vir hul gehardheid, sterk onderstelle en nou ook met die gewilde mHawk-dieselenjin. Tydens my toetsrit met die bakkie, het ek dit vir alledaagse ritte werk toe en terug gebruik. In die tydperk het ons dit dus in stadsverkeer gebruik, maar ook om na ons woonplek buite Windhoek te ry. Dit ritte was aangenaam weens die goeie hoogte wat die bakkie aan jou as bestuurder in die stadsverkeer gee, maar ook as gevolg van die lewendige trekkrag van die splinternuwe dieselenjin wat in Oostenryk deur ‘n internasionale enjinbouer gebou word.

Padgedrag
Soos reeds gesê was die padgedrag van die Scorpio op teer heel aangenaam, maar waar ek respek daarvoor gekry het, was op grondpad. Ek was onlangs in die Kgalagadi-oorgrenspark en van daar af deur die Suide waar ons onder meer op die C14-hoofpad tussen Solitaire en die Gamsbergpad gery het, en ek weet nog steeds nie watter pad die ergste sinkplaat gehad het nie – die Kgalagadipark of die C14 nie. Wat ek wel weet, is dat die stukkie grondpad aan die agterkant van die Van Eck-kragsentrale buite Windhoek ook die vermoë het om die stopsels uit jou tande te skud. Die grasie waarmee die Scorpio dié stukkie pad baasgeraak het, was vir my verstommend. So ook die res van die gruispaaie wat ons daarmee aangepak het. Die bakwerk van die Scorpio is van die hardste wat ek tot dusver teëgekom het en die onderstel, myns insiens ook van die beste in die mark. Dieselfde kan egter nie van die binneruim van die Scorpio gesê word nie. Dit was effentjies met nie te wafferse afwerking terwyl die ratskakeling maar baie grof was.
Juis omdat ek bang was dat my waarneming met die Mahindra dalk bietjie oordrewe positief is oor ‘n kar wat nie uit die stal van die meer bekende handelsname kom nie, het ek ‘n boer gebel wat so ‘n bakkie op die plaas gebruik.
Jaco Kotze boer ‘n entjie van Stampriet af op pad Aranos toe en het nou al 10 000 km met sy Scorpio afgelê. As Namibiër wat grootgeword het met Isuzu en Toyota, het hy sewe jaar gelede al vir hom ‘n Mahindra-bakkie aangeskaf. Dit is die werkesel wat as die Bolero bekend staan en volgens Jaco doen dit al die jare uitstekend alle plaaswerk sonder enige probleme hoegenaamd.
“Wat die Pik-up betref, is ek baie gelukkig met die bakkie se algemene werkverrigting, dravermoë en veral sy padgedrag,” het hy opgesom. Hy is veral beïndruk met die bakkie se laaivermoë en die ongelooflike goeie gemiddelde brandstofgebruik wat hy kry.
“Ek kry ‘n algemene gebruik van 12,2 km/l met my bakkie,” het hy bevestig.

Enjin
Een van die groot glanspunte van die Scorpio is die nuwe gevorderde mHawk-dieselenjin wat deur een van die voorste enjinbouers in die wêreld, AVL Austria, gebou word om onder meer ook by plaaslike toestande te pas.
Dit maak gebruik van die nuutste Bosch-tegnologie van enkelbaanbrandstofinspuiting met baie goeie trekkrag van lae toere af. Dit was tydens ons toetsrit een van die glanspunte wat ons ervaar het. Ook hoe relatief stil die nuwe tegnologie wat gebruik word die enjin in die kajuit maak.
Dit het ‘n kraglewering van 89 kW met wringkrag van 290 Nm wat van so laag as 1 600 o.p.m.

Bykomstighede
‘n Elektroniese ewenaarslot, sluitweerremme (ABS), lugsakke, satellietkontroles op die stuurwiel, USD en SD-kaartsokke, kragstuur en sentrale sluiting maak deel uit van die Scorpio se pakket.
As jy die Adventure-pakket daarmee saam wil hê soos wat die toetsvoertuig gehad het, kry jy ook ‘n voorste- en agterste stamper, snorkel, dakrak en ander bykomstighede.