Maklike resep vir potpourri

Choose-Flowers-from-the-Garden-for-Making-Potpourri-Step-4

Jou eie handgemaakte potpourri is ideaal om jou huis op te knap en lekker te laat ruik, maar kan ook dien as ‘n spesiale geskenk aan jou bure, vriende, familie en kennisse. Dit sal tot inpas by die kantoor of as ‘n dankie geskenk aan jou kliënte. Probeer gerus hierdie maklike gids tot jou eie hand-en tuisgemaakte potpourri.

Bestanddele

• 3 koppies pienk roos blomblare • 3 koppies rooi roos blomblare • 2 koppies klein rooi roos botte • 2 koppies jasmyn

• 1 koppie roosblare
• 15 druppels roosolie
• 6 eetlepels bensoïen (fikseermiddel)
• 1 roosvormige sepie

Metode
1. Versprei die roos blomblare in die son binnehuis sodat hulle uit kan droog. Skuif die mengsel rond sodat die roosblare egalig kan verdroog. Wanneer die blare droog is, plaas dit in ‘n houer.
2. Voeg die fikseermiddel by op die gedroogde blomme saam met die roosolie en maak dit alles saam.
3. Plaas die mengsel in ‘n bruin papiersak en seël die oopkant met pennetjies. Draai die bruin papiersak in die rondte sodat die mengsel egalig versprei. Stoor die bruin papier- sak weg van direkte sonlig vir 4 tot 6 weke. Skud die sak rond van tyd tot tyd.
4. Daarna, wanneer die potpourri goed gegeur is, plaas dit in ope houers. Jy kan van hier af van tyd tot tyd van die roosolie druppels opsit om die reuk te versterk.
5. Voeg die roosvormige sepie in die middel van die mengsel wat jy in jou huis in ‘n versierde houer laat oopstaan – en voila! – daar het jy jou eie potpourri!