Redakteur Russel de Beer wys vir buitelandse gaste die mampoerproses.
Redakteur Russel de Beer wys vir buitelandse gaste die mampoerproses.
Gasvrouens Beatrix en Celeste van Golden Hours.
Gasvrouens Beatrix en Celeste van Golden Hours.
Elna van Blink Boer vermaak die gaste
Elna van Blink Boer vermaak die gaste

Goeie genugtig – wat ‘n ervaring! Ons by Blink Boer het gewys dat ons ook talent het. Op ons inisiatief het ons Golden Hours of Tant Nollies gaan oorneem en behoorlik drooggemaak!
            Ons redakteur, Russel de Beer staan geen tree terug vir enige mampoerstoker nie. Hy gaan toe wragtag en stook Bourbon van mieliemeel. Dit is nou die Amerikaanse manier van whiskey wat baie cowboy-gevegte tot gevolg gehad het. Arme Stephan het eenkant gestaan, sy kop geskud en maar begin om mampoer te bedien. Die onderbou van Stephan, dis nou Beatrix en Celeste, het gewys dat hulle raakvatters is en geen krisis is vir hulle te veel nie. Op hulle inisiatief het hulle vir die plek die regte atmosfeer gegee en ons blink boere het opgedaag. Al die rakkers was daar en daar is gekuier soos net ons boere kan.
‘n Groepie buitelandse veearts studente het ook opgedaag. ‘n Groep van agt dames wat vanaf oral kom – Australie, Amerika, Singapoer en so aan. Soos die voggies trek, raak hulle al vriendeliker en luider. Nukkerig moes hulle vroegaand vertrek en ons is seker hulle sal in die toekoms die snaakse drank van “mempoor” onthou. Toe Blink Boer se Elna met Avril Lavigne se ‘My Happy Ending’ lostrek, het die buitelanders soos ‘n koor saamgesing en omtrent die dak laat lig. Nee wat, by ons tydskrif is daar talent – alle kante toe. Met die Bokke se game teen die Wereld IV was daar georganiseerde chaos en dit is moeilik om oor die res van die aand te berig!

Ons kan wel met trots rapporteer dat daar geen geskietery was nie, ook nie geweld nie, ook nie polisie interference nie en geen arrestasies voor 5-uur die volgende oggend nie. Volgende keer maak ons weer so!