Mega Juice – Slaptjips En Ysies By Mega Juice

Mega JuiceDie lekkerste geroosterde broodjies kry mens nêrens anders as by Mega Juice nie! Dit is die lekkerste gevoel as jy ‘n honger maag stil met kos wat jou mond laat water.

Heila Jansen en haar span is al vyf jaar in die bedryf en het onlangs na ‘n nuwe perseel geskuif. Nogsteeds maak hulle die lekkerste kos en verskaf hulle ‘n klomp ander produkte ook. As jy nie in jou etenstyd kan uitgaan nie, goeie nuus, Mega Juice lewer ook af. As jy ‘n redelike bestelling het sal hulle sonder moeite die bestelling vir jou aflaai. Mega Juice verskaf verskeidenheid sappe en het tap water beskikbaar. Hulle verkoop ook Deli produkte soos kaas, spek, viennas ens. teen bekostigbare pryse.


Vir enige geleentheid kan hulle soet en sout borde maak. As julle besluit om te braai verkoop hulle ook hout en houtskool.
Kliënte is verbaas oor hoe mooi hulle nuwe plek is vandat hulle geskuif het vanaf Midas. Hulle is nou aan die agterkant van die Kremetart Sentrum langs die Roomys Winkel. Hulle is ‘n moet om te besoek. Hulle verwelkom jou altyd met ‘n glimlag ne bedien jou so spoedig as moontlik.
Kontak hulle gerus vir enige bestellings of na vrae. Mens sal nooit ontevrede daar wegstap nie.