Melk Allergie Wat Pla

dairy_allergy

‘n Allergie vir melk is die mees algemene kosallergie by babas en jong kinders. Simptome van ‘n melkallergie kan verskil vanaf ‘n nie ernstige reaksie tot ‘n baie ernstige reaksie. Om ‘n reaksie te voorkom moet melk en melkprodukte streng vermy word. Lees altyd die kosetiket om die melkbestanddele te identifiseer.

Ongeveer 2.5 persent van kinders jonger as drie jaar is allergies vir melk. Meeste babas wat die allergie ontwikkel kry dit in die eerste jaar van hulle lewens. Meeste kinders ontgroei naderhand die allergie. Die allergie sal net by kinders bly wat hoë vlakke melk “teenliggame” in hulle bloed het.Bloedtoetse kan bevestig of hierdie “teenliggame” kan help om te sien of die kind die allergie gaan ontgroei of nie.

Die volgende is voorbeelde van produkte wat melk bevat:
• botter, botter vet, botter olie
• kondensmelk

• kaas
• roomkaas
• room
• melk (in alle forms)
• laktose
• poeding
• suurroom
• jogurt
• sjokolade (net in sekere soorte)

• margarine
• nougat

Melk kan toevallig voorkom soos byvoorbeeld:

• Sekere ingeblikte tunaprodukte wat “casein” bevat, wat ‘n melk proteïen is.

• Medikasie kan ook melk bevat.
Mense wat dalk vermoed dat hulle of iemand na-aan hulle ‘n melk allergie het kan na die volgende simptome kyk:
• Diarree
• Maag krampe
• Loop neus
• Waterige oë
• ‘n Vel uitslag wat jeuk, veral om die mond Hou ‘n kos dagboek om dop te hou wat jou liggaam se reaksie na sekere kosse is. As simptome baie erg raak moet ‘n dokter so gou as moontlik besoek word.