Michael boer Tef op Sanddrift

birdsMichael Forster en sy pa Bob, kom oorspronklik van Onderstepoort af. Die 21ha plasie is Michael se trots hier op Sanddrift. Vir iemand wat nou maar eers vier maande hier op Sanddrift woon, lyk dit of Michael al jare lank in die geweste sy tef groei. Dit is nie normaal om in hierdie area tef te plant nie. Die klimaat in hierdie area, (of so was dit altyd gesê) is nie geskik om die gewas te verbou nie.


Michael het dit reg gekry om in hierdie droogte tef te plant en suksesvol te baal, dit natuurlik saam met sy lusern. Wat kan ons sê, welgedaan! Dit is altyd, veral in vandag se tye baie belangrik om alle opsies goed uit te kyk voordat daar gedink word dit is nie moontlik nie. Ons is in ‘n pragtige boerdery area en daar is plek onder die son vir almal. Meeste van ons boere sal erken dat hulle beste risiko beplanning gebed is!

Michael se vrou en twee kinders is ook betrokke by die boerdery. Hy teel ook met eksotiese voëls wat beter besigheids sin maak aangesien dit wys is om nie al jou eiers in een mandjie te pak nie. Sou iets skielik skeef loop dan is daar nogsteeds ‘n uitweg besigheidsgewys. Ons verwelkom die Forsters van Forsterlaan in die gemeenskap, hoop en bid julle sterkte toe op julle plasie op Sanddrift. Dit wys jou net kleiner boere kan ook gat skop!