‘n Alles-in-een visvang avontuur

WWF FFEnige visvanger se vrou ken al die “Hier Gaan Ons Alweer” deuntjie. Die vis wat die manne op die televisie vang is iets om van jaloers te raak en die plekke wat hulle besoek kan mens net van droom om eendag na toe te gaan. Is dit baie moeite om alles gereël te kry en hoeveel gaan dit my kos?

Gerhard Brits is net die persoon na wie toe jy kan gaan. Sy besigheid, World Wide Fishing Safaris, kan regoor die wêreld vir jou ‘n visvang sessie reël.


Die besigheid bestaan al twee jaar, maar Gerhard het al 30 jaar se ondervinging agter sy naam. As jy lus het om tiervis te vang op die Zambezi dan kan hy jou soontoe vat. Wil jy salm in Kanada vang? Dalk in Alaska deur die ys visvang?

Noem dit en hulle reël dit vir jou. Vir die manne wat op trou staan en nog vir ‘n laaste keer iets wil doen voor hulle die knoop deurhaak, nooi ‘n paar vriende en gaan op ‘n visvang ekspedisie saam met Gerhard en sy span. Hy stel voor om ‘n week na Sodwana te gaan om ‘n groot Marlyn te vang. Hy sal die verblyf, die kos en ‘n persoonlike sjef reël. World Wide Fishing Safaris doen alles vir jou.

As jy oorsee wil visvang dan sal hulle die visums reël. Hy verskaf die aas en die visstokke en het reeds ‘n boot wat tot beskikking is. Die boot is groot genoeg vir vyf vissers en die skipper. Gerhard is ook ‘n professionele jagter (PH). As jy meer van jag hou dan kan hy vir jou ‘n jagtog reël. As jy lief is vir albei aktiwiteite dan kan jy een week visvang op die Zambesi rivier en een week jag in die Namib woestyn.

Die wêreld is tot jou beskikking.

WWf
Het die visvang gogga jou reeds gebyt en wil jy so gou as moontlik gaan visvang? Gerhard se advies is om eers te besluit watter tipe vis spesie jy wil vang. Die beste vir die seisoen is Tuna, wat jy in Shelly Beach kan vang, en Croc Baracudas in Richardsbaai, wat oor Junie en Julie die beste tyd is om te vang. Gerhard se gunsteling resep vir Tuna wat pas gevang is en op die kole gebraai word is:

1. Fillet die vis
2. Marineer die vleis met botter,
knoffel en vis speserye
3. Moet nie die tuna te lank braai
nie. Dit moet nog pienk aan die
binnekant wees anders is die
vleis te droog.

Sy boot is ook beskikbaar as jy wil deelneem aan kompetisies. Gaan loer gerus op hulle webwerf vir al die gebeurtenisse rakende kompetisies. Hier gaan ons alweer, dis tyd vir die avontuur om te begin!