‘n Boer maak ‘n plan

logooooo

In die ou dae was dit beslis elke dag ‘n Boer maak ‘n plan.  Ons weet tog hoe was dit in die ou dae, toe vervoer nog nie vervoer was nie, en toe daar nog nie behoorlike medisyne of dokters was nie.  Probleme was daar nog altyd, maar die tipe probleme het net verander.  Vandag staar ons ekonomiese probleme in die gesig: stakings wat probleme voortbring soos, petrol en diesel wat nie afgelewer word op tyd nie, unies wat die werksmagte beskerm en tyd vat met besluite neem, telefoon of internet probleme wat die werk vertraag as dit buitewerking is, plaasmoorde (boerdery moet op ‘n ander manier hanteer word om jouself te beveilig) ensomeer.

Ons kyk selfs toe die Hollanders destyds in die Kaap aangekom en begin boer en handeldryf het was diefstal alreeds een van die grootste probleme. Hoe het ons voorvaders dit reggekry om met so min, iets van te maak?  Hoe moes hulle nie gesukkel het om te boer nie? Ons het al hierdie tegnologie en oplossings deesdae. Kom ons gaan kyk bietjie nader na hoe hulle lewens was…

Vervoer:  Naas die ossewa en perd was daar nie juis ‘n ander uitweg gewees op daardie stadium nie.  Dit het ongelooflike baie tyd gevat net om van punt A na B te reis en ja dit was nie gou ry nie, dit was ‘n reis.  Alles moes gepak word om die lang pad te oorleef. Al was dit net 30 km ver gewees.  Daar was ‘n fenominale uitbarsting in handeldryf toe treine begin dien het as vervoer.  Dit het die boer met die verbruiker direk in kontak gebring op ‘n heeltemal ander manier as tevore.  Tyd was gespaar op ‘n astronomiese basis.  Varsprodukte kon nou gelewer word soos nog nooit tevore nie.  Melkkanne, lewende hawe, vrugte en groente kon direk op die waens gelaai word by die klein stasietjies tussen die boerevolk en vervoer word na waar dit nodig was.

Die eerste treinspoor was ongeveer 3.2km lank en was gebou deur die Natal Treinspoor maatskappy, wat vir Durban en Hawepunt bymekaar gebring het. Geopen op 26 Junie 1860. In 1859 het Kaapstad ‘n 72km lange treinspoor gebou wat Kaapstad en Wellington verbind het, maar daar was baie vertragings en kon die eerste seksie van die lyn by Eerste Rivier eers open op 13 Februarie 1962.Ongeag het die Kaapse treinspoor konstruksie ‘n groot uitbreiding gehad nadat hulle in 1872 as die Kaapse Goewerment Treinspore gevorm is.

Kommunikasie:  Die possakke wat op die treine vervoer was het groot opwagting geskep by die gemeenskap, selfs as wat dit net jou nooitjie wat ‘n briefie geskryf het.

Kinders by dosyne:  En daar was tog groot families in die ou dae, vrouens was by die huis om daar hulle pligte na te kom teenoor manlief en die kinders.  Groot families het gesorg vir hande arbeid. Hulle kon help waar dit nodig was. Almal het geweet wat hulle pligte was en ook geweet wat die resultate sal wees as hulle nie hul deel doen nie. Maar dit was ook nie te sê dat hul almal sal oorleef nie.  Baie kinder graffies is gevind en is toegeskryf aan siektes en selfs moeilike geboortes.  Dokters het eenvoudig nie die hulpmiddels en medisyne gehad soos vandag nie. Boererate was alledaags en het fantasties gewerk en party kan selfs vandag nog gebruik word.   Boer-vrouens:  Die Hollanders is ‘n sterk nasie.  Ons boere is sterk mense, fisies en geestelik.  My ouma kan boeke vol skryf oor hoe sy moes plan maak met die alledaagse lewe.  Boerdery is nie speletjies nie, en bowenal het haar man polio gehad.  Sy moes 7 kinders grootmaak, die boerdery help bestuur en huis hou.  Sy is vandag 89 jare sterk en mis niks wat die kinders betref nie.

Kerk en die gemeenskap:  Musikale mense was daar beslis.  Instrumente, kerkkore, konserte was daar meer as genoeg van om hulself te amuseer. Instrumente soos die trekklavier, mondfluitjie, konsertiena, klavier en orrel was gebruik en is self aangeleer.