‘n Bobaas Brouery In Hartebeespoort

brouery‘n Heerlike koue bier op die regte tyd is ‘n heerlike lafenis. Bier kan by die huis, by vriende of familie of by Loftus se biertuin natuurlik geniet word. Dit is orals beskikbaar, maar min weet ons dat daar onder ons neuse ‘n brouery is wat net die beste bier maak. Chameleon Brewhouse staan bekend vir hulle Kraft bier.

Hulle bekendste bier is hulle American Pale Ale. ‘n Bier wat eie is aan hulle. In plekke soos Duitsland het elke brouery sy eie unieke bier. Proe jy ‘n bier in die een plek en jy gaan na die volgende een gaan hulle nie dieselfde hê nie. Net so is Chameleon Brewery se bier uniek aan hulle.


Jeremy Nkomo, die brouer, het vir ons stap vir stap verduidelik hoe hulle die bier brou. Bier word by hulle oor ‘n tydperk van drie weke gemaak.
Stap 1: Water word in ‘n staal tenk gegooi en word oornag verhit na temperature tussen 74°C en 85°C.
Stap 2: Die warm water word na ‘n volgende tenk toe getap en die barley en hops word bygevoeg. Dit bly in die tenk en kook tot die smaak reg is vir om en by drie ure. In ‘n ander tenk word daar water koud gemaak om temperature tussen 5°C en 10°C te bereik. Die koue water word dan in pype gesirkuleer rondom die warm inhoud sodat dit geleidelik kan afkoel. Stap 3: Die afgekoelde bier word dan na ‘n koelkas toe geskuif om te fermenteer vir een week.
Stap 4: Na die fermentasie proses word die gis uit die bier uitgehaal en gewas sodat dit weer gebruik kan word. Die bier word dan na ‘n ‘bright beer tank’ toe geskuif om gefiltreer te word. Daarna gaan dit na staalvaatjies toe en van daar af word dit verpak en bedien.
By Chameleon Brewhouse word daar ses verskillende tipes biere gemaak.

Die eerste een is ‘n Blonde Ale wat ‘n soet smaak het en lig van kleur is. Tweede, is ‘n Weiss Beer, wat ‘n Duitse bier is met piesang en kougom geure. Derde is die Irish Red Ale, wat karamel en toffie geure wat dit ‘n soet smaak gee. Die vierde een is ‘n American Pale Ale(APA), wat hulle in 2013 ‘n eerste plek by die Clarens Beer Festival besorg het. Die vyfde een is ‘n India Pale Ale (IPA) en dan die sterkste een, ‘n Oatmeal Stout.

Daar is ook Siders wat hulle maak, maar daar is net ‘n beperkte voorraad beskikbaar. Probeer gerus hulle Franse bier, Sauson, as jy ‘n draai daar gaan maak. Dit is ‘n moet om te proe!
Bier het dalk alkohol in, maar dit is ook goed vir jou gesondheid. ‘n Persoon wat een of twee biere ‘n dag drink het ‘n hoër beendigtheid, verminder jou kanse op hartsiektes, gee vir jou gesonder niere, versterk jou breinkrag en verlaag jou risiko om kanker te kry. Môrestond het goud in die mond, so maak seker jy mis nie uit op hulle bier nie!