‘n Dag in die lewe van ‘n boervrou

TTP17RIGHTWING23-19-07-2012-16-07-07-354-

As jy gedink het dit is nogal ‘n uitdaging om ‘n huisvrou te wees, probeer ‘n loopbaan as ‘n boervrou! Jy sal nie net een baba moet vertroos in die vroeë oggendure nie, maar
dalk ‘n hele paar honderd hoenders, kalwe, skape en meer…. As jy nie ‘n vroeg-oggend mens is nie, is boerdery nou maar net nie vir jou nie.

Daardie gevoel wanneer jy opstaan; die voëltjies wat fluit, die krieke wat stil word te midde gras wat nat gedou is – dit is die tipe ‘inspirasie’ wat jou gewone plaasboer uit die kooi uit laat spring met blye galme! Welkom tot ‘n plaasboer se dag. Òf dit nou ‘n boer is wat werk met besaaides, stoete, of net ‘n gewone melkboer, een ding bly seker en dit is dat om ‘n boer te wees verg ‘n 24-uur skof. Dit is ‘n aanhou- dende, oneindigende, en partykeer ‘n ondankbare beroep in werklikheid. Dit is konstant arbeid intensief tensy jy die finansies het vir duur tegnologie wat self kan plant en oes met ‘n ‘GPS tracker’ nogal. Ons boere deesdae raak lekker ‘grénd.’

Maar met ‘grénd’ en al, is dit nooit ‘n maklike werk nie. Beplanning en lokaal beteken alles net soos in enige besigheid. Seisoene verander reg deur die jaar en dit beteken dat soos wat jy tans oes, moet jy tegelyk, met die volgende en huidige seisoen in ge- dagte plant, vir die opvolgende oes. Dit is ‘n aanhoudende siklus van maai en saai. As jy ‘n boer is wat diere aan- hou vir vleis benodigdhede, beteken dit ‘n konstante water gee en voer program reg deur die dag.

Sonder die beste voeding op die regte tye sal geen stoet verkoop word nie. Voeding is die sentrale punt van stoetboerdery. Dit is ook nie vreemd dat ‘n plaasboer gewoonlik teen etenstyd vêr uit in die lande is en gewoonlik sal vroulief met die werkers middagete en boeretroos met die bakkie na die lokaal waar almal werk toe bring. Die natuur wag nie vir ons nie, die seisoene en tye loop aan. Om sukses te behaal as ‘n boer is daar ook die goue kalf van die sper- datum, meer bekend as bloedstollende woord ‘deadline’ in die korporatiewe en besigheidswêreld. Daar is geen beroep sonder die voorbehoud van takebeplanning nie. In ‘n ideale besigheid plan is dit 70% beplanning en 30% werk. Dit is sinneloos om jou asem weg te werk teen ‘n onbereikbare doel of om ‘n taak op die verkeerde wyse aan te pak. Ons boeregemeenskap is deur die eeue heen sterk Calvinisties beïnvloed wat ‘n sterk lojaliteit en werksetiek dra.

Maar die tendens (‘trend’) deesdae is nie om hard te werk nie, maar om slim te werk. Daar is altyd ‘n korter, meer bekostigbare manier om iets te doen as wat almal aanraai of voorstel. Hulle sê goedkoop is duur koop, maar in ons ekonomiese ontwrigting is koste sny reg bo aan die prioriteitslys.

As jy dink ‘n boer se dag eindig teen 17:00 soos die werkslewe in die stad, het jy heeltemal die die pot mis gesit nie – na ure moet daar nog gevoer word en water aan diere en ge- saaides verskaf word. En, in ons land is sekuriteit op plase baie belangrik. Met ons politieke klimaat is jou lewe, en die van jou gesin permanent in ge- drang. En dit is kortliks en eenvoudig ‘n dag in die skoene van ‘n boer.

As jy lief is vir diere en die natuur, sal dit vir jou oneindige plesier en tevreden- heid as ‘n beroep gee. Onthou net om dinge soos versekering en ‘n krises plan byderhand te hê – jy weet nooit wat maak die weer of die mark nie. Boervrouwees en kritiese beplanning loop hand in hand. As ons eerlik terugblik en dink aan al die groot boere van naam, was dit maar altyd ‘n ware boervrou met ‘n kaalvoet-oor- die-Magaliesberge houding wat die plaas tog in stand behou het, pilaar vas agter haar man.