‘n Slymerige slak, stadig, maar belangrik

Slakke is in die landbousektor meer bekend as ‘n pes in die tuin, maar sekere spesies kan geëet word en mense hou hulle ook aan as troeteldiere. Slakke is diertjies wat mens nie baie van hoor nie. Hulle word ook min gesien. Hulle spoed is die hoofrede hoekom mens en slak mekaar nie toevallig in die natuur raak loop nie. Tog is hierdie diertjies baie handig in ons samelewing en speel hulle ‘n groot rol in baie aspekte van ons lewens.

n-slymerige-slak-stadig-maar-belangrik

Al word slakke as ‘n gourmet ete gesien kan baie spesies landslakke ‘n goeie bron van proteïene wees vir mense in arm gemeenskappe rondom die wêreld. Land slakke is baie waardevol omdat hulle op ‘n breë spektrum van kos kan oorleef byvoorbeeld landbou afval, soos blare wat afgeval het in piesang plantasies. Landslakke, varswaterslakke en seeslakke word in ‘n groot hoeveelheid lande geëet, hoofsaaklik Spanje, Morroco, Nigerië, Frankryk, Italië, Portugal, Griekeland en vele meer.

In ander gelowe en kulture was die slak simboliek aan sekere aspekte in die gelowe en kulture. Die Grieke het na die slakke gekyk om te sien wanneer oestyd naby is. Die Aztecs se maan god het ‘n slak se dop op sy rug gedra wat wedergeboorte voorgestel het. Ongeag of die slak die stadigste landdiertjie is, is hulle belangriker as wat hulle lyk. Of hulle gesien word as ‘n kulturele simbool, ‘n troeteldier of as kos.