NADELE VAN PROTEÏENE, VOORDELE VAN ‘GROEN KOS’

Proteïene is in elke sel van ‘n mens se liggaam. Dit sluit jou spiere, organe en kliere in. Jou liggaam kan nie nuwe selle vorm sonder die gebruik van proteïene nie, en tieners het dit nodig om te groei en vir verdere ontwikkeling. Maar, om te veel proteïene te eet kan verskeie gesondheidsprobleme veroorsaak. Dit sluit in hoë cholesterol, jig (meer bekend as ‘gout’), en niersiekte.

Die Centers for Disease Control and Prevention (CDC) in die Verenigde State van Amerika (VSA) beveel aan dat 10% to 35% van die kalorieë wat jy eet van proteïene bronne afkomstig moet wees. Onderhewig aan faktore soos ouderdom en aktiwiteitsvlakke word beraam dat die gemiddelde- vrou om en by 46 gram en mans 56 gram proteïene daagliks nodig het vir ‘n gesonde leefstyl.

As jy hierdie getalle oorskei of as jy meer as 35% van jou kalorieë van proteïene is, neem die CDC dit as ‘n proteïene inname wat te hoog is. Een voordeel van ‘n hoë proteïene inname is dat dit korttermyn gewigsverlies bevorder. Om jou liggaam die nodige gereedskap te gee om maerspiere te verbou verbrand kalorieë al slaap jy. Dit verspoed ook jou metabolisme en verbrand vet.

Meestal van die probleme wat ‘n hoë proteïene inname het, het met die ooreet van vleis soos rooivleis en snaaks genoeg vis te doen – volgens baie navorsings institute. Dit is veel voortrefliker en gesonder om slegte proteïene met goeie proteïene te vervang soos neute en soja.

Die beste benadering is om proteïene te vervang met vars groente, aangesien gevriestes baie vitamine en voedingswaarde verloor. Dit is ook goed om jou groente te stoom of ‘semi-gekook’ te eet want dit voed jou liggaam die beste.

Vars vrugte is ook ‘n welgevallige plaasvervanger. En, ‘n mens het ‘n groot verskeidenheid vrug- en groente soorte om van te kies. Tot as jy meer van ‘n soettand is kan ‘n mens fruktose-vol vrugte eet soos piesangs en mango’s. Die voordele van ‘n dieët wat verplaas en aangevul is met vrugte en groente is menigvuldig. Dit verhoed dat jy kardiovaskulêresiekte kry wat gepaard gaan met die verharding van jou hoofare. Dit voorkom ook long- en dermkanker. As jy geneog groente en vrugte eet sal dit ook jou kanse verminder om te veel gewig op te tel wat ook jou bloeddruk vlakke benadeel. Suikersiekte is ook ‘n groot faktor as dit kom by dieët – so wurg daai groente en vrugte af – al hou jy nie so baie daarvan nie. Hardlywigheid is ook die oorsaak van te veel stysel en vleis eet. ‘n Groente- en vrugte gevulde dieët is ook tog vullend en help om jou gewig te beheer. Jou liggaam het die minerale en natuurlike aanvullings nodig wat gewone vitamienpille nie regtig kan verskaf nie. En op die ou einde al is jy lui vir kosmaak en die gedagte van daagliks kook jou terug in die bed wil laat klim – eet net vrugte, dit word in elk geval rou geëet. En wat groente betref, gevriesde groente is altyd beter as geen groente nie!