‘Nanny Cam Monitors’ – mag ons dit gebruik?

Nanny Cam Monitors’ – mag ons dit gebruik?

inele geding gebruik word.

  • Die opnames moet gewaarmerk kan word as oorspronklike opnames.

  • Die afgelope ruk was daar verskeie berigte in die media oor die mishandeling van kinders deur oppassers en selfs die mishandeling van bejaardes kom ook gereeld na vore. Mense oorweeg dit om video kameras te installeer, veral as hulle ‘n vermoede het dat alles nie pluis is by die huis wanneer hulle nie daar is nie. Hierdie instrumente word ‘n ‘nanny cam’ genoem. Enige werkgewer wil graag die huishulp of die oppasser van kinders vertrou, en hulle besorgdheid kan selfs verder strek na die sekuriteit van die eiendom. Nou ontstaan die vraag. Mag jy ‘n video kamera installeer as jy vermoedens het oor wangedrag, en mag jy dan enige bewyse wat jy sou kry dan te kan gebruik?

  • Ons wil graag kyk na die regsposisie van so ‘n stap en ook hoe dit die werkgewer/werknemer regte beinvloed. Aspekte soos die reg van privaatheid kom ook ter sprake wanneer so ‘n stap oorweeg word, veral as die bewyse in kriminele of dissiplinêre stappe gebruik wil word.

  • Enige ouer of werkgewer moet bewus wees van die regsimplikasies alvorens hulle sulke stappe oorweeg. In ons land word die gebruik van elektroniese toerusting en die opnames daarvan vervat in wetgewing. Die relevante Wet staan bekend as die ‘Regulation of Interception of Communications and Provision of Communication-Related Information Act 70 of 2002 (“RICA”)’
    RICA vereis dat enigeen wat sulke toerusting wil gebruik, die skriftelike toestemming van enige persoon in sy diens moet verkry en dat so ‘n persoon toestemming moet verleen tot die reg van sulke opnames alvorens so ‘n ‘nanny cam’ geinstalleer word. Die kwessie van toestemming is al warm gedebatteer in howe wanneer opnames as bewysstukke ingedien word om wangedrag van werknemers te bewys.

  • In die saak Satawu obo Assagai v Autopax 2002, 2 BALR 17 het die CCMA se Kommissaris die bepalings van die vorige Wet, die Wet op Monitering en Onderskepping, Wet 127 van 1992 geignoreer waar ‘n werknemer op kamera betrap was met ‘n oneerlike transaksie. Dit het gegaan oor toestemming. Die werknemer het daarop aangedring dat die video opname geignoreer moet word omdat hy onbewus was daarvan dat die opname gemaak is. Die arbiter het die argument verwerp en bevind dat die 1992–Wet nie sterk van toepassing is op siviele sake nie. Dit sal nog gesien moet word hoe die howe die vereistes van RICA gaan toepas wat meer strenger is as die vereistes van die 1992-Wet.

  • Die rede agter die verkryging van ‘n werker of oppasser se toestemming word gemanifesteer in so ‘n persoon se reg tot privaatheid. Die reg tot privaatheid sluit die reg tot privaatheid van enige kommunikasie in wat, volgens RICA, ‘n beperking plaas op die monitering en opnames deur elektroniese toerusting sonder vooraf verkreë skriftelike toestemming.
    In alle billikheid is die vereiste van toestemming deur die werker, wat deur die Wet vereis word ‘n aspek wat moontlik aan die belaglike kan grens. Wanneer ‘n werkgewer na so ‘n stap wil oorgaan moet hy mos ‘n vermoede hê dat iets met die werknemer nie pluis is nie. Deur die werker se toestemming te kry is die oefening mos futiel want die werknemer sal mos nie oortree terwyl hy weet dat hy gemoniteer word nie.

  • Dit is ook belangrik dat iemand wat sonder die werker se skriftelike toestemming, so ‘n werker moniteer, skuldig aan ‘n misdryf in terme van RICA en kan wanneer skuldig bevind word, ‘n boete of selfs gevangestraf opgelê word.
    Die veilige weg is maar om so ‘n skriftelike toestemming te kry voordat ‘n werkgewer so ‘n installasie wil doen. Die mees doeltreffende manier is om daarvoor voorsiening te maak in die dienskontrak. Sou daar reeds ‘n kontrak bestaan, kan dit deur middel van ‘n addendum tot die kontrak gedoen word.
    Wanneer sulke monitors geinstalleer word, moet aandag aan die volgende gegee word:

  • Dit is onwettig om monitors te installeer waar inbreek gemaak word op die werknemer se privaatheid, byvoorbeeld badkamers en slaapvertrekke.

  • Slegs die mees belangrike dele van die huis moet gedek word.

  • Spesifiseer die areas waar die intallasies gedoen word.

  • Die opnames moet helder en duidelik wees en alle stemopnames moet duidelik hoorbaar wees, sou sulke bewyse in ‘n siviele of krimDit moet bewys kan word dat die opnames direkte verband het met die klagte tersprake.

Sulke wette laat die meeste van ons maar net ons koppe skud. Ongelukkig is dit op die wetboeke en wanneer iemand so iets oorweeg is dit maar raadsaam om ‘n prokureur of arbeidsspesialis te raadpleeg.  

  

3 thoughts on “‘Nanny Cam Monitors’ – mag ons dit gebruik?

  1. Hello! This is my first visit to your blog!
    We are a team of volunteers and starting a new project in a community
    in the same niche. Your blog provided us beneficial information to work on. You
    have done a marvellous job!

  2. It’s a pity you don’t have a donate button! I’d definitely donate
    to this outstanding blog! I suppose for now i’ll
    settle for bookmarking and adding your RSS
    feed to my Google account. I look forward to new updates and will
    share this blog with my Facebook group. Talk soon!

Comments are closed.