Neem vroulief op ‘n romans-uitstappie van naam!

Attractive young couple drinking wine and flirting

As dit kom by vroulief bekoor, is dit glad nie vir die traag van hart nie. En om daardie ou vlam te weer op te knikker kos dit ‘n bietjie moeite van manlief se kant af. Nou, jy kan besluit of jy maar ou algemene ‘Koos’ wil wees en of jy nou dié vrou van jou lewe met rasse skrede asemrowend se voete onder haar wil uitslaan.

‘n Mens is altyd op die uitkyk vir ‘n bekostigbare wegbreek van die gejaag, werk en die huis. Dit is wel winter, maar dit tem glad nie die ‘avon- tuurlustige’ wat graag ‘piekniek hou’ op verlate vlakte of wil uitkyk oor verhewe hoogtes nie. Madibeng in sy skoonheid en glansryke Afrikaanse kultuur is nogal ideaal vir so ‘n asemrowende uitstappie.

Vat vroulief na ‘n romantiese restau- rant en bestel afrodisiese geregte. Wat ook tot voordeel kan wees is ‘n naweek te kan wegkom van enige gejaagde lewe knyp talle stedelinge ‘n tydjie af om te ontspan in die rustige atmosfeer en die natuurskoon in die omgewing van die Hartebeespoortdam. Selfs buitelandse toeriste in Suid-Afrika word verlei na hierdie wegkruipplekkie, wat, buiten die natuurskoon en stilte, talle aktiwiteite aanbied. Hartebeespoortdam is ‘n juweel slegs 45 minute vanaf beide Johannesburg en Pretoria, maar ver weg van die stadsgewoel. Omring deur Magaliesberg bergreeks word hierdie 1 620 hektaar groot wateroord taamlik geïsoleer van die nabygeleë stede, wat dus aan stadsbewoners die geleentheid van ‘n toevlugsoord bied waar tydbestu- ur van weinig belang is.

Die voorkoms van ‘n onaangetaste natuur is misleidend want daar is oorgenoeg aktiwiteite wat sal verseker dat selfs die rusteloses nie verveeld sal word nie. Rondom die dam is daar kunsmarkte en stalletjies asook kuriowinkels en kosstalletjies. Daar is ook ‘n verskeidenheid restourante insluitend ‘n waterkant restaurant met lewendige musiek. Hartebeespoortdam word toe- nemend gewild in die eiendomsmark met magnate wat indrukwekkende vakansiehuise aan die oewers van die dam opgerig het. Watersport en aktiwiteite vir waaghalse wat windski, valskermsweef, en warmlug ballonne insluit is gewild bt die dam. Vir diegene wat liefs vermaak op moederaarde verkies, is daar ‘n slangpark, ‘n akwarium en ‘n dieretuin.

Voetslaanpaaie in die natuurskoonvandieMagaliesberge hou ‘n besondere bekoring in en dan is daar nog die Watersafari wat die dam oorsteek. Die Erfenisroete begin ook
by die dam en kronkel deur die skou- spelagtige platteland deur die Pilanesberg Nasionale Park tot by die Madikwe Wildreservaat.

In die groter omgewing van die Hartebeespoortdam is daar ook die kaas- fabriek, Hans Kretschmer, die Harte- beespoort Kabelspoor, Tant Malie se Winkel en die Magalies Park waar gholf, kanoritte tennis en ander aktiwiteite geniet kan word. Die huis van Gustav Preller is geopen as ‘n nasionale gedenkwaardigheid waar die herinneringe aan hierdie buitengewone joernalis, skrywer en historikus lewend gehou word.

Die Makalani Voëlpark is ‘n interaktiewe inrigting, wat nie alleen ‘n groot verskeidenheid voëlsoorte herberg nie, maar bied ook vertonings aan en het opvoedkundige programme entoere. Hartebeespoortdammag naby twee groot stede wees, maar is ‘n bestemming wat nie misgeloop mag word indien die besoeker die natuur van Suid-Afrika wil geniet en ervaar nie. Dit bied ‘n mengsel van kultuur, tradisie, avontuur en geskiedenis tesame met onbeskryflike skoonheid van natuur. ‘n Mens hoor baie van Madibeng of tot meer plaaslike Brits inwoners wat ten duurste by Sun City, of by die Davinci in Sandton wil gaan luuks vakansie hou. Vir die helfte van die prys kan ‘n mens met net soveel gemak jou eie omgewing leer ken en net soveel pret beleef. Probeer dit gerus!