NET SÓ BOER HETTIE

IMG_4417

So entjie van ons Madibeng-Brits geweste af na ‘n orgidee oase wat so 1616 meter bo seevlak is, skuil ‘n lieflike plaas vergelykbaar aan ‘n regte paradys. Hierdie plaas is geseën met vrugte oorde uit die hemele uit.

Ons praat oor ‘n oord wat oorloop van olywe, olyfolie, granate, pruime, groen- en geel-soet-rissies, neute, en tot mirre. Dit klink vir ons by die Blink Boer soos ‘n aardse en Suid-Afrikaanse weergawe van ‘die land van melk en heuning.’ Behalwe, in hierdie geval, is die land nie net binnegeval, ingeneem en oorgevat nie. Dit het nie net op iemand se skoot uit die hemel uit geval nie, maar het jare van harde werk en sweet gekos, Om presies te wees tien jaar.

Ek kan reeds baie van ons boere sien mondelik, bewustelik, en ook onbewustelik saamstem as dit kom by die huidige saak van onregverdige, wettige sowel as wraakgierige grondvergrype. Laat ons nou nie heel politiek oor hierdie artikel raak nie.

Hettie du Toit, in haar middeljare, die mede-eienares van hierdie stukkie ‘groenste weiveld’ het oorspronklik self op ‘n plaas grootgeword. “Ek het vir ‘n jaar skoolgehou en toe ontmoet ek my man,” vertel sy. “Ek het toe saam met my man in die apteek gewerk vir so ‘n jaar, aangesien ek met ‘n apteker getrou het,” voeg Hettie verder. “Ek het tussen in die hele tyd geboer, my man is ook sy hele lewe lank ‘n boer,” sluit Hettie aan. “Daarna is ek voltyds maar n boervrou,” se sy.

Hulle het nog groen- en geel-soet-rissies in die tonnel geplant om ma verder besig te hou. Ons het blykbaar nie genoeg om te doen nie,” grap Hettie. “My seun is mos in Witbank,” bevestig sy.

So tussen ‘n lekker kopie boeretroos en geselsies oor ‘Bleeding Heart’ blomme spog Hettie ook oor haar olyf orgidee waarmee sy ook ‘n permit laas jaar gekry het om olyfolie uit te voer. Sy vertel ook dat die orgideë partykeer wit insekte kry wat ‘n mens baie mee sukkel om te beheer. Hettie versorg die plaas so tussen kerkraad vergaderings met haar man en die daaglikse taak van huisvrou wees.

Suid-Afrika voer tans 85% van die land se olyfolie vanuit die buiteland in. Hettie beplan om olyfolie tuislik uit te voer weens gewildheid. Sy vertel ook dat “ons boer ook met granate, maar die probleem is dat hulle gesteel word nog voor rypheid – mense is maar gek oor die goed.” Hettie het ook laas jaar haar permit verkry om granate aan die buiteland uit te voer. “Die olywe is maar die fokus, die granate suig maar aan die agterspeun,” bevestig sy met betrekking tot produsent prioriteit.

Ons eie redakteur herinner ook dat die SAAGA, die Suid-Afrikaanse Avokadopeer Vereniging blykbaar daarop gewys het dat avokadopere nie in daardie spesifieke geweste groei nie. Daarop kon Hettie nie help om te antwoord dat die klimaat by hulle nogal heel verskil van Brits sin en dat “die bome hier hang soos hulle van die avo’s dra.”

Verder, het Hettie ook bietjie ons kennis verbrei oor die verskillende tipes avokadopere: “Jy kry baie verskillende soorte avokadopere, soos byvoorbeeld die ‘Botter Avokadopeer’ wat yslik groot, geel en baie meer vetterig en ryker is. Jy kry ook verskillende grotes, langes en rondes – party kan weer glad nie die koue weerstaan nie.”

As die weer in Brits so bly verander dan sal ons in Brits ook met avokadopere kan begin boer en nie net in Tzaneen nie,” grap ons plaaslike redakteur van die Blink Boer ewe verspots…