Nissan Brits

Britsauto---April--copy-2

Nissan het net nie sy gelyke nie, se hierdie boer van Brits In hierdie klipperige bergwêreld is dit die hardebak-bakkies wat hou. Hier is dit die taaies wat oud word, en as dit ‘n voertuig is, is daar vir my niks wat by die Nissans kom nie. Praat van hardebak — dit is die Hardbody,” sê mnr. Hennie Snyman, wie se plaas in Brits gelee is.

Mnr. Snyman is een van Suid-Afrika se voorste en suksesvolste tabakboere. Drie keer het hy al Potgietersrus Tabakkoöperasie se Room- van-die-Oes-trofee verower. Dit is ‘n toekenning wat jaarliks gemaak word aan die tabakboer wat die hoogste opbrengs per hektaar behaal en die beste gehalte tabak lewer. Daarbenewens het hy al 10 keer ‘n sertifikaat ontvang vir uitsonderlike prestasies.

Maar soos wat mnr. Snyman sy tabakboerdery meesterlik beoefen, so hanteer hy sy voertuie met trots. Op die oomblik gebruik hy vyf Nissan’s, naamlik ‘n Patrol 4,2 l 4×4; ‘n Hardbody 2,7 l Diesel 4×2; ‘n weelderige Hardbody 3,0i SE Dubbelkajuit, 4×4; ‘n Sani- stasiewa 3,0 l 4×4 en ‘n 8 t.-UD 90.

Sy beleid is om ‘n bakkie 10 jaar te gebruik voordat hy dit op ‘n nuwe inruil. Die eentonner (Hardbody 2,5 Diesel, 4×2) wat hy voor die Patrol op die plaas gebruik het, het meer as 320 000 km afgelê sonder dat hy die enjin ooit laat oopmaak het. Soos al sy Hardbody’s was dit ‘n werkesel by uitnemendheid. Met dié bakkie het hy gereeld swaar vragte voer na die beeste in die berge gebring, maar dit het net nie einde gehad nie.

“Nou doen die Patrol dieselfde werk. Ek laai swaar vragte op dié vuurwa tot die helfte meer as sy werklike dravermoë en dan buig die vere nie eens terug nie en loop hy asof hy vergeet het hy het ‘n vrag op! Praat van rygenot — dit gee die Patrol jou,” sê mnr. Snyman.

Mnr. Snyman vertel van ‘n vriend wat ‘n Bedford-vragmotor met sy een ton-Hardbody (2,7 Diesel, 4×4) in die berge gesleep het dat die olie in die ratkas naderhand gekook het. Maar met dieselfde ratkas is dié bakkie op 364 000 km ingeruil!

Hy sê baie mense weet te vertel dat die Hardbody hard en stamperig ry. Met die regte buitebande loop hulle enige tyd net so sag soos ander bakkies. “àl wat werklik hard aan die Hardbody is, is sy bakwerk,” sê mnr. Snyman.

Hy haal ook voorbeelde aan van uitstekende brandstofverbruik van sy Hardbody-bakkies, ondanks moeilike rytoestande.

Hierdie boer sê egter ‘n voertuig is net soos die grond waarop jy boer: Jy kan nie net uithaal sonder om terug te sit nie. Daarom sorg hy dat sy voertuie gereeld deeglik nage-gaan en op die regte tyd gediens word. As iets los of stukkend is, word dit dadelik reggemaak voordat onnodige slytasie plaasvind of skade berokken word.

Waarna kyk hy voordat hy ‘n bepaalde voertuig koop?

Eerstens, sê mnr. Snyman, moet die prys mededingend wees. Tweedens moet die vervaardiger én die handelaar ‘n goeie diensrekord hê en, derdens, moet die voertuig voldoen aan die behoefte.

Dit is waarom hy Nissans koop. Sy handelaar is Boerebenodigdhede in Pietersburg.