ONDERHOUDING VAN ‘N GRANAATBOORD

Pomegranate Picking

Na aanplanting van ‘n granaatboord is die eerste twee jaar baie belangrik vir die regte opleiding van die bome. Bome word nie noodwendig kwaai gesnoei nie maar die toekomstige dra krag van die boom kan baie groot beïnvloed word van hoe goed of hoe sleg die boom opgelei is.

‘n Enkel of meer stammige boom is toelaatbaar, en die verwydering van waterlote, kruis, dooie en sieklike takke word gedoen om die boom te vorm. Ou takke word uitgedun om nuwe groei te bevorder aangesien vrugte hoofsaaklik gevorm word op kort spruite uit verouderde takke.

Mikro-besproeiing werk die beste op granaatbome. Dit help met die skep van ‘n goeie mikro-klimaat in die boord, en verseker ook ‘n meer egalige grond vog deur die boord wat noodsaaklik is vir goeie vrugontwikkeling. As die boord gedurende vrug vorming enigsins droogte ly, verhard die skil van die granaat voor die pitte klaar ontwikkel het, en sodra die pitte dan begin ontwikkel, bars die vrug oop en is dit nutteloos vir enige bemarking. Vogmeters om die vog inhoud van die boord akkuraat te monitor word sterk aanbeveel. Ander faktore wat kan lei tot die bars van vrugte is tekort aan kalium, boor en kalsium.

Peste en plae kan volop word in ‘n granaat boord. Indien dit nie reg bestuur word nie, hoof plaag is vrugtevlieg terwyl blaas pootjie, plantluis, witluis en alternaria ook dikwels voorkom. Vir die beheer van die meeste van die plae is swael ‘n goeie opsie en middels wat koper bevat word ten sterkste afgeraai omdat dit bevind is dat dit die groei en ontwikkeling van die vrugte onderdruk.

Goeie verkleuring van vrugte speel ‘n baie belangrike rol in die prys en bemarkbaarheid daarvan. Goeie verkleuring word verkry deur net die regte hoeveelheid son blootstelling, maar in dieselfde asem, moet daar gewaak word teen sonbrand wat beteken dat sodra die vrugte uitgedun word, hierdie ‘n baie belangrike oorweging is van watter vrugte om aan die boom te los tot volwassenheid. Te veel son tot hulle beskadig en te min son tot oorverkleuring is nie na wense nie. Windskade speel ook ‘n rol en vrugte moet so gekies word dat daar ‘n skrale kans is dat dit teen takke sal skuur as die wind waai aangesien die skil van die granaat gekrap word en die gradering weereens negatief beïnvloed word.

Vrug kleur is egter nie n maatstaf vir wanneer dit by die pluk van vrugte kom nie. ‘n Goed gekleurde vrug beteken nie noodwendig dat die vrug ryp is nie. Die beste manier om te weet of ‘n granaat reg is vir oes, is om die vrug liggies te druk in jou hand. ‘n Vrug wat ryp is sal klink of dit kraak binne-in en vrugte is reg om geoes te word 135-150 dae na vrugset.

n Goed versorgde boord behoort 15-30 jaar leeftyd te hê met n opbrengs van 48 vrugte per boom. 2.5 granate per kilogram, 1000 bome per ha, en teen tot R35 per kilogram wat betaal word by van die vooraanstaandste kettingwinkels in die land. So as mens hierdie belegging oorweeg, is pit skiet dalk ‘n baie lonende opsie!