Ons groen voeding het intensiewe sorg nodig

3096027Die produksie van saad lê vas in die hande van ‘n paar bevoorregte maatskappye. Daar is genetiese en molekule verandering aan die sel-samestelling om aan te pas by bedryfseise, maar hiérdie vereistes kan juis bevraagteken word wat resultate betref.

Ons kwekerye het deskundige kennis nodig om te weet of hulle wel plante verkoop wat gesond, voordelig en van ‘n natuurlike bron wel tot menslike voordeel is. Andersins, is die eindresultaat voedsel in die vorm van groente, vrugte en graan wat geneties en generies aangepas is en wat hormone bevat net soos baie verskillende tipes wat vleisgehalte baie beter laat lyk maar wat skadelike hormone bevat.

Hiérdie tipe hormoon aanpassings in kos veroorsaak baie probleme en verdere genetiese afwykings in die menslike liggaam. Daar word byvoorbeeld volgens die nuutste statistiek beweer dat vrouens in ons tyd gebore word met nouer bekkenholtes (pelvis) en mans met vergrote dye en middellywe.

Daar is ook navorsing wat bewys dat vrouens met breër skouers gebore word. In ander gevalle vorm die liggaam so na geboorte weens al die hormone en genetiese kos wat in molekule en in chemiese vorm verander is as normaal.
Die strewe daarna om beter produkte te verskaf wat hoogsgehalte is en wat ‘n langer raklewe het veroorsaak ‘n verskynsel van ‘n genetiese afwyking in die liggaam en algemene bou van die mens. Dit kom daarop neer dat al hoe meer vrouens liggaamlik soos mans vorm en mans weer soos vrouens. Party vrouens kan tot op land met die verleentheid van hare en baard wat op al die verkeerde plekke groei.

Die sê ding volg tog ‘jy is wat jy eet.’ As ‘n mens generiese en genetiese veranderde kos eet, en dan dit nog met allerhande hormone bygesit dan land jy op met populasie wat ook geneties afwyk.
Dit is nadelig vir ‘n mens se gesondheid en daar is subliminale bewyse dat dit tog ook bydra tot genaamde defekte wat dan uitwys in ongeneesbare siektes en weer geneesbare siektes met vele nadele soos kanker en immuniteit verwante afwykings. ‘n Mens se dieët en gemoedstoestand het ‘n baie groot effek op jou algemene gesondheid. Die verkeerde kossoorte word ook gekoppel aan slaaploosheid en depressie.
Daar is wel vele moeite gedoen om natuurlike groente, vrugte, vleis en eiers te verskaf wat vry is van hormone en genetiese aanpassing. Die hele ‘free range’ en ‘semi-free’ range idee is daarop gemik sodat mense weet hulle kry ‘n produk (hoender) wat in gesonder omstandighede en sonder aangepaste voer aan die publiek verkoop word.
Hoe natuurliker en oorspronklik die voedsel vorm, hoe gesonder en vitamien-gevuld die inhoud wat jy inneem. So, as dit by kos kom, die gedeeltelike waarheid is dat jy kry waarvoor jy betaal. Op dieselfde noot is dit ‘n goeie gewoonte om vars groente en vrugte te koop in plaas van gevriesde voorraad. ‘n Mens moet ook onthou om aandagtig die produk verpakking te lees sodat jy presies weet waarmee jy te doen het. Eet gesond, leef gesond, bly gesond – dit is so eenvoudig soos dit.