Ooi! Jy is ‘n regte koei!

TuCD4

Hoe weet mens wanneer ‘n vroulike dier ‘n ooi of ‘n koei is? Vir party mense is dit nog duister, maar heelwat mense het al ‘n idee hoe om die verskil uit te ken. Dit gaan nie oor die lysie wat jy in Afrikaans op skool geleer het nie. Nie almal het so ‘n goeie geheue om te onthou wat die manlik en vroulike weer- gawe van ‘n dier nie is. Is ‘n vroulike koedoe ‘n ooi of ‘n koei? En ‘n njala? So as jy weer ‘n draai gaan maak in die bosveld sal jy op die volgende manier ‘n onderskeid kan maak tussen die twee.

Diere in die natuur word volgens hulle grote geklassifiseer. Die groter vroulike diere word koeie genoem en die kleiner diere word ooie genoem. ‘n Koedoe is ‘n groot bok so die vroulike dier sal ‘n koei wees en in die geval van ‘n rooibok sal dit ‘n ooi wees. ‘n Blesbok is bietjie groter as ‘n rooibok, maar nogsteeds is dit ‘n ooi. Dan kry ons die njala. Die manlike dier is ‘n bul, maar die vroulike een is ‘n ooi. Hoe nou? Die njala is presies in die middel van die skaal wanneer dit kom by die diere wat van groot tot klein gerangskik is. Juis omdat die njala in die middel is, is al die diere vanaf die vroulike njala en kleiner ‘n ooi en die manlike diere wat groter is as ‘n njala is ‘n bul. Tog gaan dit nie net oor die grote van die dier nie, want as ‘n rooibok en ‘n duikertjie langs mekaar gaan staan gaan daar verwarring inkom.

Sommige spesies se vroulike diere het nie horings nie, dan is dit baie maklik om hulle uit te ken. Almal weet tog dat ‘n melk koei vier spene het. Net so het elke dier wat ‘n koei
is ook vier spene. Dit is een van die kenmerke van ‘n koei. ‘n Ooi, soos ‘n skaap of boerbok, het net twee spene. In die meeste gevalle is dit baie maklik om die spene raak te sien. Onthou net dat elke bul ‘n koei het en elke koei ‘n kalf. So het elke ram ‘n ooi en elke ooi ‘n lam. So as jy weer verby ‘n trop bokke ry gaan jy dadelik weet wat om die manlike en vroulike diere te noem.