Peer en Frangipane tertjie met Rooiwyn-en Amandelsjokolade ganache

LemoenmuffinsmetLemoeneinkoffiestroopenkaneeljogurt-2015-03-09

Benodigdhede: (vir 6 klein of 1 groot tert)

 

Rooiwyn-pere:

3 Geskilde pere, gehalveer en pitmagie uitgesny

500 ml Merlot of ander rooiwyn

100 ml suiker

1 blikkie baba-pere in stroop

Sjokolade brosdeeg

250 ml koekmeel

125 ml koue botter

2 ml sout

50 ml strooisuiker

50 ml kakao

+- 50 ml yswater

 

 

Frangipane:

3 Eiers

100 ml botter

100 ml strooisuiker

200 g gemaalde amandels

‘n Paar druppels amandelgeursel

 

Ganache:

200 g Albany Donker sjokolade met Geroosterde Amandel

50 ml botter

100 ml Dewfresh room

100 ml Rooiwynstroop afgekook van posjeervloeistof met 100 ml suiker en 15 ml botter bygeklop

 

So maak mens: 

Bedek die halwe pere met al die rooiwyn en die stroop van die baba-pere in ‘n klein kastrolletjie met ‘n deksel. Posjeer oor matige-warm hitte vir ongeveer 40 minute. Die posjeertyd sal afhang van die soort en rypheid van die pere. Jy wil hulle donkerrooi en sag, dog ferm, hê. Sit die baba-pere by, ongeveer halfpad deur die posjeerproses.

 

Maak die tertkors. Verhit oond tot 190c. Meng al die bestanddele behalwe die yswater in jou voedselverwerker tot dit amper ‘n bol vorm en aan mekaar vasklou. Sit dan die yswater by en pols weer. Moenie die deeg te lank meng nie en werk eerder op pols in stede van een aanmekaar meng. Bedek die bol met plastiek en verkoel vir 15 minute. Voer die tertpan/pannetjies met los bodems met die deeg uit. Sorg dat die randjie netjies is. Bedek met bakpapier en bakboontjies en bak vir 12 minute teen 190 grade Celcius.

 

Maak die Frangipane deur die botter, eiers en strooisuiker saam te verroom. Voeg dan die amandels en amandelgeursel by. Vul die tertkors met Frangipane en plaas die pere bo-op. Hou die baba pere eenkant. Bak vir ongeveer 25-30 minute tot gaar en mooi goudbruin.

 

Kook die rooiwynstroop deur die posjeervloeistof vinnig af te kook met 100 ml suiker totdat net minder as die helfte oorbly. Verwyder van hitte en roer die 15 ml botter by.

 

Ganache: Breek die sjokolade in blokkies, plaas in n mikrogolfvaste bak saam met die botter en die room. Mikrogolf op hoog vir 2 minute en roer glad. Roer dan die rooiwynstroop by.

 

Bedien dit so: 

Plaas ‘n sny tert of individuele tertjie op ‘n mooi bord met ‘n babapeertjie langsaan. Sny die bodem van die babapeer gelyk sodat dit mooi kan staan. Bedruip die babapeer en die helfte van die peertert met die Rooiwyn-en sjokolade ganache. Bestuif laastens die bord met ‘n bietjie kakao. Geklopte room kan apart bedien word indien so verkies.

 

Waar wil jy wees!