Perdeblom Koekies

BB30

Bestandele:
• ½ koppie olie
• ½ koppie heuning
• 2 eiers
• 1 teelepel vanilje
• 1 koppie meel
• 1 koppie droë hawermout
• ½ koppie perdeblomme

So Gemaak:
1. Was die blomme deeglik.
2. Kry die regte hoeveelheid bymekaar en pluk die geel blommetjies van
die groen stamme af en gooi die geel blomme apart in ‘n bakkie.
3. Voorverhit die oond na 180°C.
4. Meng die heuning, olie, eiers en vanilje saam in ‘n mengbak.
5. Meng dan die meel, hawermout en die blomme by die mengsel.
6. Skep die mengsel in lepelsvol op ‘n bakplaat en bak vir 10 – 15 minute.