Piesangpatats Lewer 4 – 6 porsies

7

Bestanddele:

• 500 ml gaar, fyngemaakte patats

• 10 groot eier, geskei

• 25 ml botter of margarine

• 2 ml sout

• 1 groot piesang, in dun skywe gesny

• 25 ml suiker

So gemaak:

1. Voorverhit die oond tot 180°C.

2. Klop die patats, eiergeel, botter of margarine en sout saam.

3. Skep in ‘n gesmeerde oondbak en rangskik die piesangskywe bo-op.

4. Klits die eierwit styf terwyl die suiker bietjiesgewys bygevoeg word.

5. Smeer die eierwitmengsel oor die patatgereg.

6. Bak 30 minute lank tot gaar