Pikante Vleisslaai

6

2  Hardgekookte eiers

6  Jong uie

12 Klein radysies

1 794g Bik jong aartappels

1 300gr Blik sout beesvleis

½  Komkommer

1 280g Blik weense worsies

6 Agurkies

4 Eetlepels groente-olie

3 Eetlepels asyn

½ Teelepel sout

Peper

Pietersielie

Metode:

Was en kerf die uie en radyse. Dreineer die aartappels, spoel dit in koue water af en sny in blokkies. Dreineer die worsies en sny dit in ringetjies. Kerf die agurkies. Meng die olie, asyn, sout en peper in groot bak. Meng die uie, radyse, aartappels, soutbeesvleis, weense worsies, agurkies en komkommer versigtig. Plaas dit in ‘n opskepskottel. Garneer met pietersielie, jong uie, radyse en kwarte van hardgekookte eiers. Sit saam met dun snye bruinbrood voor ‘n ligte middagmaal.