Raak ‘Manjifiek’ en selfstandig met huishoudelike vrugtebome.

Untitled

Jy kan maklik die buitekant van jou huis uitstekend opknap op regte ‘n egte boere wyse. Vrugtebome is die skoonste en pragtigste versiering van die natuur. “Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie,” het die Heiland selfs gesê. Die natuur self is ons kosbaarste en uitstekende buite versiering.

Vrugte is tog jaardeur gesog. Vrugte is ook vol vitamines en minerale, dit is ook veselryk en is gepas en gesond vir die hele familie. Die voedingswaarde in vars vrugte oortref die van die vitamine pille by ver. Dit is noodsaaklik om die regte hoeveelhede vrugte daagliks te eet. Vir kinders is dit nog belangriker aangesien hulle die ekstra voeding nodig het om te groei in die fase van ontwikkeling waarin hulle bevind word. Van die boom tot die mond is hoogs gesond – punt.

Die idee is om vrugtebome soos lemoen-, peer-, suurlemoen, en verskillende kleure appelbome te gebruik om so na as moontlik aan jou huis te plant en so deur die buitekant van jou huis te versier. Jy moet net die nodige boompies aankoop en goeie grond hê en seker maak die tipe bome wat jy om jou huis plant lewer die nodige vrugte in die gesogte seisoen waarin jy wil hê jou huis ‘hoëklas’ versier moet wees.

Die kinkel in hierdie kabel word ontbloot; jy kan die vrugte van hierdie bome huishoudelik gebruik om gesond te eet en gesond te leef, en jy kan dit ook verkoop aan die mark of kettingwinkels teen ‘n goeie wins – en boonop dit laat jou erf ‘smarter then Arthur next door’ lyk.

Vrugtebome is ‘n natuurlike en prettige manier om jou huis se buitemure te versier deur ‘n vrugte oord reg om jou huis te plant. Dit is uniek en maak genoeg skaduwee om jou huis koel te hou van buite, en ook genoeg skaduwee vir daardie gesogte piekniek etes buitekant.

Jy kan gerus jou familie en vriende oornooi vir ‘n oortreffende piekniek partytjie onder jou ‘Fancy’ vrugtebome. Jy kan dan sommer ook letterlik en figuurlik ‘die vrugte van jou hande pluk.’ Dit sal veral ‘n wenner wees met kinders. Jy kan dit ook omskep in ‘n gesinsktiewiteit waar almal deel kan neem en baie pret ook kan hê.

Jy kan net eenvoudig na jou naaste kwekery toe ry en uitvra oor watse vrugtebome om jou huis, in jou tipe klimaat, en in die tipe grond wat daar is die maklikste sal groei. En jy hoef nie net by die voorbeelde te bly wat ons jou aanraai nie – jy mag maar gerus meer kreatief raak.

‘Keeping up with the Jones,’ of liewers om hulle te oortref was nog nooit makliker nie. Hiérdie idee sal jou huis van buite versierd en smaakvol laat lyk, jou gesin voorsien met vrugte vir ‘n gesonde dieët, en dan ook vir jou ‘n ekstra inkomste inbring – wala!