Resepte

imgres

Bestandele:
• 4 Koppies spinasie
• ½ ui, fyn gekap
• 1 knoff el huisie, fyn gekap
• 3 eetlepels botter
• 1 tamatie, fyn gekap
• 120g Room Kaas
• 1½ koppie gerasperde kaas
• Sout en peper na smaak
• Tortillas

So Gemaak:
1. In ‘n pan op die stoof, braai die uie in die botter.
2. Voeg die knoff el by en braai vir 1-2 minute.
3. Voeg dan die spinasie by en laat staan vir ‘n rukkie. In die begin gaan
dit na ‘n groot hoeveelheid lyk, maar die spinasie gaan geleidelik krimp.
4. Sit die room kaas, tamatie en gerasperde kaas in ‘n aparte bak. Meng
die twee mengsels saam en gooi sout en peper oor.
5. Versprei die mengsel oor die een helfte van die tortilla en vou die
tortilla in die helfte.
6. Verhit die tortillas in ‘n pan en draai die tortilla een keer om, om
warm te word en vir die kaas om te smelt.

One thought on “Resepte

Comments are closed.