Sales Talk 4×4 – Oor Berge En Deur Dale, My 4×4 Sal My Dra

4x4Bretelkrag (suspension) is die 4×4 aanhanger se enigste waarborg tot ‘n gladde, stamp en hobbel vrye rit – dit is nou inderdaad ‘n feit.

Al ry jy met enige kar wat blyk asof dit soos ‘Iron Man’ deur die bos, klip-besaaide en hobbel-volle gebergte en grondpad kan aandurf soos ‘n warm mes deur botter, sonder bretelkrag gaan jy opland met jou kop teen die dak.
Of jy net skokbrekers, vere of die volledige ‘Iron Man’ bretelkrag installeer sal jy dadelik ‘n verskil in jou bakkie se manier van ry voel. Dis verbasend hoe dikwels mans dit ‘n prioriteit maak om bosbrekers, dakrakke en ander 4×4 bykomstighede te installeer.


Jou bakkie kan net sowel deel wees van jou lyf en dit is belangrik om goed na dit te kyk. As wiele jou bakkie se voete was, dan is die bretelkrag die bene. Net soos die krag, lengte en buigsaamheid van jou bene ‘n impak het op die manier wat jy loop en in verbinding tree met die grond, het die verskillende tipes bretelkragte ‘n uitwerking op die funksie, veiligheid en gerief van jou voertuig op verskillende terreine. Opgemaak uit verskeie dele wat saamwerk soos gewrigte en bene affekteer die bretelkrag absoluut elke aspek van bestuur. Deur ‘n volledige bretelkrag te installeer verbeter die drakrag, sleep vermoëns en jou voertuig se hantering. Om net ‘n paar te noem.
As jy jou bakkie die krag wil gee van ‘n testosteroon belaaide monster dan is dit tyd om vir jou ‘n ordentlike bretelkrag te installeer waarmee jy by jou vriende kan gaan spog oor wie s’n die grootste is!
Gaan besoek jou naaste 4×4 Salestalk vir die beste advies vir jou 4×4 ervaring.