se sertifikaat uitreKan ‘n tradisionele heler ‘n medieik

se sertifikaat uitreKan ‘n tradisionele heler ‘n medieik?

I have been struggling with bad dreams for many weeks, causing me to sleep badly. Nothing seems to help and it is affecting my work. On advice of my mother, I eventually visited our family sangoma, a traditional healer, who informed me that I am experiencing callings from my ancestors and that I will have to be booked off work for three weeks to undergo specific training to help the dreams stop. I am very anxious to address this issue, but my employer is refusing to accept the sick note of the sangoma. Can the employer refuse this?”

Bogenoemde is ‘n baie relevante vraag oor die realiteit van die verskillende kulture in ons land. Wat staan ons as werkgewers te doen wanneer ons hiermee gekonfronteer word? Kom ons kyk ‘n bietjie dieper hierna.

Die voorwaardes van siekverlof vir werkers is vervat in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) wat bepaal dat dit nie van ‘n werkgewer verwag word om aan ‘n werknemer betaalde siekverlof toe te staan wanneer so ‘n werknemer afwesig van die werk is vir ‘n tydperk van meer as twee aaneenlopende dae, of by meer as twee geleenthede in ‘n tydperk van agt weke wanneer so ‘n werknemer, op versoek van die werkgewer, nie ‘n mediese sertifikaat kan voorlê wat uitdruklik noem dat die werknemer nie kon gewerk het as gevolg van siekte of besering nie.
Die Wet bepaal verder dat ‘n mediese sertifikaat slegs uitgereik en geteken kan word deur ‘n mediese praktisyn of enige ander persoon wat gesertifiseerd is om pasiënte te diagnoseer en te behandel en wat geregistreer is by ‘n professionele liggaam wat gestig is in gevolge van ‘n Wet van die Parlement. Die vraag ontstaan of ‘n nota van ‘n
sangoma of tradisionele geneser as ‘n wettige mediese sertifikaat beskou word in terme van die Wet.

In ‘n onlangse hofsaak moes die hof besluit of ‘n sertifikaat van ‘n tradisionele heler dieselfde geag kan word as ‘n mediese sertifikaat rakende siekverlof. ‘n Werknemer is afgedank omdat sy ‘n opdrag om terug te keer werk toe geignoreer het en afwesig was vanaf haar werk sonder toestemming. Sy het aansoek gedoen vir onbetaalde siekverlof vir ‘n tydperk van vyf weke om ‘n tradisionele kursus by te woon. Sy het ‘n brief van die tradisionele geneser voorgelê waarin die verlof aanbeveel was omrede sy ‘n ‘voorvaderlike oproep’ gekry het. Die werkgewer het bevestig dat die verlof goedgekeur sou gewees het indien die verlof gemotiveer was deur ‘n mediese sertifikaat van ‘n geregistreerde mediese praktisyn. Omrede die werkgewer die brief van die tradisionele geneser nie oorweeg het en botweg verwerp het, het die hof in die guns van die klaagster beslis.

Die uitspraak, alhoewel dit nie ‘n brief van ‘n tradisionele geneser gelykstel aan ‘n mediese sertifikaat nie, verwag dat werkgewers nie sulke versoeke summier verwerp nie, maar dat dit aanbeveel dat werkgewers die meriete van sulke versoeke oorweeg en ‘n proses ontwikkel om sulke versoeke te akkommodeer.

Die regering het die ‘Traditional Health Practitioners Act’ gepromulgeer, maar dit is nog nie in werking gestel nie. Dit is die Wet se oogmerk om die belange van mense wat van tradisionele helers gebruik maak, se regte en belange te beskerm. Die Wet maak dit verpligtend vir tradisionele helers om as sulks te registreer en dit skep ook die basis vir sodanige registrasie. Dit behels dan dat ‘n sertifikaat van ‘n tradisionele heler dan gelykwaardig is aan sertifikate wat in die WBDV omskryf word.

Totdat die Wet in werking gestel word, is dit dus nie verpligtend vir werkgewers om ‘n tradisionele geneser se brief te aanvaar nie, maar dit word aanbeveel dat die uitspraak waarna verwys is in gedagte gehou word. Sou daar intussen ‘n botsing tussen ‘n werkgewer en werknemer hieromtrent ontstaan, sal dit wys wees professionele advies in te win.

3 thoughts on “se sertifikaat uitreKan ‘n tradisionele heler ‘n medieik

  1. magnificent publish, very informative. I wonder why the other experts of this sector do not realize this.

    You should proceed your writing. I’m confident, you have a great readers’ base already!

  2. With havin so much content and articles do you ever run into any issues of plagorism
    or copyright violation? My website has a lot of unique content I’ve either written myself or outsourced
    but it appears a lot of it is popping it up all over the internet without my
    permission. Do you know any techniques to help stop content from being stolen? I’d definitely appreciate it.

Comments are closed.