Seekos Potjie, (Wes-Kaap Potjie)

AppleMark
AppleMark

 

Bestanddele:

• 8 Uie – opgekap

• 6 Middelslag aartappels – gerasper

• 500 gram Ontskulpte mossels

• 1 kg calamari buise

• 500 gram crab sticks

• 1 kg mini cocktail prawns

• 2 pakkies Knorr Curry Vegetable sop

• 2 houertjies room

• 500 gram sampioene (in helfte gesny)

• Pattipans

• 1 Blomkool

• 1 liter droë wit wyn (sommer ‘n cheapie)

• Knoffel, sout en peper

 

So Gemaak:

1. Braai die uie in die pot tot ligbruin.

2. Voeg die aartappel by en braai tot die aartappel lyk of dit ‘n pasta begin vorm met die uie.

3. Voeg jou knoffel na smaak by.

4. Gooi die liter wyn in die pot en bring tot kook.

5. Gooi die calamari buise (opgesny in blokke, nie ringe nie), die prawns en die mossels in die mengsel en bring tot kook.

6. Sodra dit kook, breek die wit blomme van die blomkool en gooi in die pot saam met die crabsticks, pattipans en sampioene.

7. Sodra meeste van die wyn weggekook het strooi jy die sop en die room oor alles en roer goed. Gebruik die hele tyd water om die vloeistowwe te reguleer. Moenie dat die seekospot dryf in water nie, maar gee dit genoeg om te kook sonder om sop te maak.

Die soppoeier sal op die einde ‘n dik tekstuur aan die pot verleen en die seekos sal nog herkenbaar wees. Gebruik gemaalde swart peper en gebruik genoeg!

8. Bedien op geel rys.