Sjokolade die kos van die Gode

eating-chocolate-daily-is-good-for-health980-1456212647_980x457

Die Latynse naam vir die kakao boom is Theobroma cacao wat beteken, “kos vir die gode”. Geen wonder dit is so lekker om daai sjokolade te eet nie. Beide die Mayans en die Aztecs het geglo dat die kakao boon towerkragte het wat perfek gewerk het vir hulle by heilige rituele of geboortes, troues en by die dood.

Teen die 17de eeu was sjokolade in drinkbare vorm as ‘n modegier beskou vir die Europese elite, wie ge- glo het dat dit voedsame eienskappe en geneeskragte gehad het. Sjokolade is ‘n snaakse ding. In onlangse jare het dit liefling geraak onder voedingkundiges as ‘n gesondheids voordeel nadat die voordele ontdek is – veral die wat jou kanse op ‘n hartaanval en ‘n beroerte verminder. Tog was sjokolade altyd die slegte ou in ‘n klomp gevalle, insluitend aknee, gewigs toename en hoë cholesterol. Maar is sjokolade se slegte reputasie gewaarborg? Moet ons die wonderwerk van sjokolade omhels of dit vermy vir die nadelige genot wat dit is? Hier is die inligting van sjokolade se mees befaamde mites.

1. Sjokolade verhoog slegte cholesterol
As jy opgehou het om sjokolade te eet om hoë cholesterol te verlaag, het jy onwetend die soete bederf verniet opgegee. Terwyl dit waar is dat sjokolade kakao botter bevat, wat hoog is in versadigde vet, kom die meeste van die vet vanaf vetsuur wat nie optree soos ‘n versadigde vet nie. Studies het gewys dat sjokolade nie cholesterol verhoog nie, inteendeel, vir baie mense het dit hulle choles- terol verlaag.

2. Mense met diabetes mag nie sjokolade eet nie
Dit is nie nodig vir mense met diabe- tes om sjokolade heeltemal te vermy nie. Baie mense sal verbaas wees om te hoor dat sjokolade ‘n lae glukemiese indeks het. Onlangse studies het gewys dat donker sjokolade insulien sensitiwiteit verbeter by mense met normale en hoë bloeddruk en dit verbeter endoteliale disfunksie by mense met diabetes. Natuurlik, moet jy eers net jou dokter raadpleeg voordat jy weglê in die sjokolade.

3. Sjokolade veroorsaak aknee
Al sal enige tiener jou vertel dat sjokolade aknee veroorsaak, het studies wat so ver as die 1960’s terug gaan bewys dat enige verhouding tussen sjokolade inname en aknee baie ver gefaal het. Nie eers groot hoeveelhede van sjokolade het al ooit aknee vererger nie.

4. Sjokolade veroorsaak dat jou gewig toeneem.

Natuurlik wel, maar nie noodwendig nie. Natuurlik sal ‘n gereelde inname van sjokolade poedingen roomys nie goed wees vir jou middellyf nie, maar ‘n studie het bewys dat deur ‘n klein hoeveelheid sjokolade ‘n dag jou ‘n laer Liggaams Massa Indeks (LMI) gee al eet die persoon meer kalorieë as gewoonlik en het hulle nie geoefen nie. Sjokolade dieet hier kom ons!

Die kort en die lank van die storie is: Eet sjokolade, maar eet dit in matige porsies. ‘n Gemiddeld van 85 gram sjokolade het 420 kalorieë en 26 gram vet, amper so baie soos ‘n hamburger – en dit is ‘n feit!