Sjokolade, groenvy en neute pannekoek

aa-pannekoek-met-stroop-en-koppie-img_5816-small

Bestanddele:
• 500 ml (250g) koekmeel
• knypie sout
• 4 eiers
• 500 ml melk
• 60 ml gesmelte botter
• 15 ml witsuiker
• olie vir braai
Vulsel:
• 100 ml room
• 300 g donker sjokolade, in blokkies gebreek
• 30 ml heuning

• 15 ml brandewyn of stroop met ‘n titsel vanieljegeursel in • 125 ml okkerneute of pekanneute, grofgekap
• 8 klein groenvytjies, in agstes gesny
• 2 ml fyn kaneel

• 125 ml strooisuiker

So gemaak:
1. Klits al die bestanddele buiten die olie saam tot glad en klontvry. Laat 2 uur in die yskas staan.
2. Bak pannekoeke in ‘n bietjie verhitte olie. Giet net genoeg beslag, ‘n soplepel in die pan om die boom te bedek. Kantel die pan om die beslag eweredig te versprei. 3. Draai om wanneer die buitebrand effe begin oplig. Bak aan die ander kant tot gaar en effe bruin. Keer uit op ‘n bord.
4. Verhit die room tot kookpunt. Voeg die sjokolade by en roer tot gesmelt. Hou eenkant. 5. Verhit die heuning en brandewyn in ‘n klein kastrolletjie en roer tot gesmelt. Voeg die neute en vye by en roer dit by die sjokolade in. Dit vorm ‘n dik smeerbare ganache. 6. Meng die kaneel en strooisuiker. 7. Vou die pannekoeke in driehoeke, vul dit met sjoko- lade en strooi kaneelsuiker bo-oor. 8. Bedien op borde of velle waspapier vir loop-en-eet.