Skoonfamilie, boeretrou binne gemeenskap en voorhuwelikse kontrakte

images

Vir die boer en sy boerdery as ‘n besigheid, en vir ‘n pa as ‘n gesinsman is die aanwins van ‘n goeie skoonseun altyd welkom. Maar, stop die bus net daar – die risiko is altyd hangend. Pen op papier vir enige regdenkende mens beteken net een ding – en dit is moeilikheid!

Laat ons nou nie geldsake vergeet nie. Waar die geld by die voordeur uitstap is die liefde by die agterdeur ook uit – dis hartseer maar dit is ongelukkig feite – tensy daar regtig ware liefde is wat verby luukse inkopies kan sien en verby duur klere en die bederfbaarheid van die lewe. Liefde is mos maklik as daar oorgenoeg geld is. Wat jy vermis in jou persoonlike verhouding maak jy net op met inkopies – probleem opgelos. Mense wat se jy kan nie geluk koop nie weet net nie waar om te ‘shop’ nie, sê hulle.

Maar of dit waar is of nie, vir die boere pa lê die risiko bloot dat sou jou vooraanstaande skoonseun of skoondogter in die familie trou binne gemeenskap van goedere is wat skoonpa en skoonma sin wat vir die kinders agtergelaat is ook syne! Ek sien hoe verstik ‘n paar stoere boere aan hulle koffie en beskuit. Moedig gerus jou kinders aan om ‘n voorhuwelikse ooreenkoms te teken wat deur ‘n volmagtige prokureur saamgestel is wat jou plaas en sekere eiendomme uit die trou ooreenkoms uit sluit. Jy kan dit alleenlik nalaat vir jou klein kinders of dit hervestig binne ‘n veilige familie trust.

Goeie raad is om ook maar liewers buite gemeenskap van goedere te rou aangesien daar baie meer huwelike is wat skipbreuk ly as dié wat ‘drup van heuning.’ Die gras was nog altyd groener aan die anderkant, en veral as dit eiendomme kom, ‘n plaas en ‘n hele paar stoetbulle insluit – hoe lekker is dit om met jou agterent in die botter te val. Òf te wel, hoe hartseer om die helfte, en met ons wetgewing, nog meer te verloor vir valse of liefde wat stadig maar seker verkoel en eindig. En, wanneer dit eindig is dit nou maar ‘uithaal en wys tyd,’ nou nie die wittebrood tipe nie, die bankrekening tipe… So, van die trou ring tot die kontrak, en van die kontrak tot jou besittings, kry daardie voorhuwelikse troukontrak in plek voor daar enigsins ja gesê word!