Skoonhiedswenke van Koningin Cleopatra

Milk-bath

Wanneer dit kom by skoonheid kan ons baie leer by Cleopatra, die Egiptiese koningin wie deur baie gedoop is as een van die mooiste vrouens in die geskiedenis. Gelukkig is haar skoonheidsgeheime gedokumenteer, wat dit moontlik maak vir vrouens om dit uit te toets en dieselfde skoonheid te verkry wat vir Cleopatra ‘n legende gemaak het.

Haar grootste skoonheidsgeheim was haar tradisie om te bad in melk en heuning. Albei hierdie bestanddele maak die vel sag en los ‘n soet aroma agter. Maak jou eie deur twee koppies melk en ‘n halwe koppie heuning by jou badwater te voeg. Probeer om volroom melk te gebruik. Dit sal jou vel help om beter af te skilfer en meer vog in jou vel toelaat as wat laevet melk sal doen. Die heuning is ook antibakterieel en is wonderlik vir die bestryding van aknee. Maak ook seker jou badwater is nie te warm nie anders sal dit die voordelige eien- skappe in die heuning vernietig. Lê vir twintig minute in die bad. Moet nie seep gebruik nie. Die oomblik as jy klaar in die bad geweek het, kan jy die water uit tap en jouself afwas met skoon water en seep.

Tog het Cleopatra nie net op die een manier haarself jonk en mooi gehou nie.Gooi volroom poeiermelk in ‘n beker. Voeg gedroogde lemoenskil, laventel blomme en roosmaryn by. Dit sal die badwater ‘n lekker reuk gee. Jy kan eksperimenteer met ander blomme of kruie soos gedroogde rose. Meng die inhoud todat die poeier deeglik gemeng is. Voeg net ‘n koppie van die mengsel by jou badwater en stoor die res. Onthou, nie te warm water nie. Week vir twintig minute. Essensiële olies is ook deur Cleopatra gebruik.

Voeg volroom poeiermelk, sout en bakpoeier in ‘n beker. As jy kan seesout gebruik sal dit beter wees, maar gewone tafelsout sal ook werk. Voeg heuningkristalle by die mengsel, dit maak dit makliker om die inhoud van die beker te meng. Maal die hawermout tot ‘n poeier en voeg by die mengsel. Doen dieselfde met die laventelblomme. Jy kan 10 tot 20 druppels van jou gunstelling olies byvoeg vir die aroma soos byvoorbeeld laventel, mandarin of roos. Meng die inhoud en voeg ‘n paar eetlepels by jou badwater. Week ook vir twintig minute. ‘n Melk bad is baie goed vir ‘n droë vel. Eksperimenteer met ander tipes melk soos byvoorbeeld bokmelk of self amandel melk. Moet ook nie te lank lê nie anders sal jou vel bars. As jy sukkel met ekseem, beperk jou badtyd tot vyftien minute.