Slaaploosheid: As Skape Tel Nie Genoeg Is Nie

counting-sheepSlaaploosheid is ‘n alledaagse probleem. Wanneer ‘n persoon na ‘n paar aande se slegte nagrus nie geslaap kry nie gaan jy naderhand geirriteerd raak en buierig wees.

Spanningskopsere gaan jou pla en jy gaan sukkel om optimal te funksioneer by die werk en in jou daaglikse lewe. Slaaploosheid affekteer enige ouderdom. Meermaal vrouens as vir mans. Wetenskaplikes het uitgewerk dat mens tussen die ouderdom van 5 – 10 jaar elf ure se slaap moet inkry, 10 – 17 jaar moet 9 ure kry en volwassenes net agt ure.


Op die langtermyn kan slaap- loosheid lei tot vetsug, hoëbloeddruk, hartkwale en diabetes. Hier is net ‘n paar oorsake van slaaploosheid: Depressie, stres, angs, kafëine, alkohol en nikotien. Om net ‘n paar te noem. As jy jou leefstyl aanpas kan jy maklik ontslae raak van die slaaploosheid.

As jy minder kafëine en alkohol drink en probeer om minder te rook kan jy selfs ontslae raak van slaaploosheid. Behandel jy ook die depressie, angs of stress het jy nie nodig om iets aan die min slaap te doen nie aangesien dit vanself sal beter raak. Daar is baie maniere om weer daai heerlike nagrus terug te kry. Niemand wil op ‘n Saterdag oggend wanneer jy kan laat slaap al vyf uur uit die kooi wees nie. In films sien jy baie keer dat hulle ‘n glasie warm melk drink voor hulle gaan slaap. Veral as die kind wakker geword het van ‘n nagmerrie. Dan kry jy ook so iets soos Kamille tee.

Of soos dit in Engels bekend staan, Camomile. Kamille is ‘n krui wat familie is van die Daisy blommetjie. Jy kan dit nat of droog inneem. Net soos jy verkies. Daar is baie voor en nadele van kamille tee. Dit bevat anti-inflamatoriese eienskappe. Dit help met slaaploosheid, veral as jy dit drink voor jy gaan slaap. Dit help met angs en angsaanvalle. As jy ‘n brandwond of krapmerk het dan kan jy dit op die wond sit. Dit kan enige vel irritasie beter maak. Maag probleme sal ook iets van die verlede wees. Wil jy ontslae raak van jou plooie? Gebruik Kamille!
Maar met enige goeie ding is daar ook slegte eienskappe. Kamille moet met matigheid voor oë gebruik word. Teveel van ‘n goeie ding is altyd ‘n slegte ding. Dit maak jou lomerig as dit teveel en op die verkeerde tye gebruik word. As jy met swaar voertuie en masjienerie werk word dit sterk aanbeveel dat jy dit nie gebruik nie. Dit kan jou naar maak en kan ook vir jou ‘n moontlike allergiese reaksie gee. As jy sukkel met hooikoors, bly weg!
Moet ook nie Kamille gebruik as jy swanger is nie. Dit bevat ‘n stof wat kan lei tot ‘n aborsie. Dit verdun ook jou bloed en kan nadelig wees vir jou as jy reeds bloedverdunners gebruik. Tog sorg moeder natuur vir ons en kan ons op ‘n natuurlike manier gesond word. Lig daai moeë voete na die naaste apteek en koop kamille tee. Jy sal die volgende dag soos ‘n nuwe mens voel.