Slak Slym: Die anti-verouderings-tegniek

Ons het almal al van ‘n klomp vreemde skoonheidstegnieke gehoor, maar daar is ‘n ander slymerige tegniek wat die kersie op die koek vat.  Daar is ‘n gesigsbehandeling waar slakke oor jou gesig loop en slym spore op jou vel los.

slakslym

Al is daar nog nie konkrete wetenskaplike bewyse dat die slakke se slym tot voordeel van jou vel is nie. Die groot vraag bly staan: werk hierdie skoonheidstegniek of is dit net ‘n geldmaak storie? Volgens die vrouens wat al vir hierdie behandeling was, werk die slym slak behandeling definitief. Dit verhoog en stimuleer die elastien en kolageen in jou vel en verhoog ook die verbetering van die dermis laag in jou vel wat die vermoë het om water terug te hou en wondgenesing te bevorder. Natuurlik kom só ‘n tipe behandeling uit ‘n land soos Thailand uit, waar hierdie tipe goed as normaal beskou word. Suid-Oos Asië is een van die wêreld se top spa bestemmings, met masserings en behandelings van reg rondom die wêreld.

Hulle gebruik ook ander diere en visse as skoonheidsbehande-lings. Die slak-slym behandeling dateer terug na antieke Griekeland waar die dokter, Hippocrates, blykbaar plat gedrukte slakke en suur melk gebruik het om vel inflammasie te behandel. Gelukkig het die Franse die slakke se slym naderhand, in moderne tyd, in rome ingesit vir die wat nie die moed het vir ‘n paar slakke om oor hulle gesigte te loop nie. Slak slym maak jou vel sagter en fermer, maar moet nie dadelik resultate verwag nie. Dit gebeur met tyd. Die slym van die slakke wat afgeskei word, veral onder stres, skei baie antioksidante en voedingstowwe af. Dit is definitief ‘n behandeling wat probeer kan word.