Sonbed – sonde of Suiwer? Of ‘n Alternatief

iStock_000014026945MediumOns weet winter is oppad, maar dit keer nogsteeds nie ons dames om daardie goue bruin glans van ‘n blas son vergoude vel te begeer nie.

Maar die kinkel kom in as ‘n mens jou gesondheid op die langer duur in ag wil neem. Vel kanker is ‘n werklikheid en is glad nie speletjies nie. Die publiek word daagliks nie net deur kosmetiese maatskappye gebombardeer met bemarking- en reklame boodskappe – of dit bewustelik of onbewustelik is – dat die son vir jou vel eintlik baie skadelik is.


As jy al op die kus gaan vakansie hou het moes jy al die gemiddelde bejaarde oom of tannie waargeneem het wat vir jare al ‘tan.’ Hulle lyk gewoonlik soos n leer handsak weens die leeragtige, bruin en dikte van hulle vel as gevolg van sonskade. Soos ons huidige geslag van jongmense deesdae sal se: “not cool dude.” Is die beheerde gebruik van ‘n sonbed dan ‘n gesonder of beter alternatief?
Jy kry ook vandag pigmentasie inspuitings wat jou vel ook van verblas sonder enige skade of newe-effekte nie. Wat mense gewoonlik afskrik is dat dit omtrent 20 inspuitings in die rug behels – ja, al 20 op een slag en dan moet jy drie ‘n jaar kry om jou bruin suiker glans te onderhou. Die ander probleem is die prys – dis nogal duur. Maar as jy ‘n ‘lanie’ in die ‘laan’ is hoort dit jou nie te pla nie. Vir die res van ons werkende klas mense is dit nou nie die gepaste oplossing vir ‘n bleek ‘Casper the friendly ghost’ vel – en nee ons praat nie van Casper de Vries nie – maar hy is ook nogal bleek – is dit dalk die Hollandse bloed? Laat ons nou nie daaroor uitwei nie.
Die waarheid is dat ‘n sonbed glad nie veel gesonder is as om te ‘tan’ in die buitelug nie. Dit veroorsaak vroeër vel veroudering (net soos die son) en kan ook kanker veroorsaak. Maar dit is effens veiliger vir mense met ‘n baie ligte gelaat en jy land nie op met daardie ‘rooi varkie’ of tamatie gebrande vel nie – waar met die son is dit juis wat jy mee gaan op eindig as jy nogal ‘lig van gelaat’ is.Ons stel voor jy volg die middeweg en neem alles in ag terwyl jy matigheid voor oë hou.

Dit is die belangrikste punt met betrekking tot jou gesondheid en die toekomstige toestand van jou vel. As jy daarop aandring om te sonbed omdat jou vel baie sensitief is word daar voorgestel dat jy dit nie vir langer as 10 minute per sessie ondergaan nie en dat jy ten minste ‘n week breek kans kry tussen opeenvolgende sessies. ‘n Sonbed gebruik in elk geval dieselfde ultraviolet strale wat jou vel ook outomaties verkry deur aanraking met die natuurlike son.

Op die einde van die dag is dit bel- angriker om gesond te bly en langer te leef – en dit kanker vry. Die beste alternatief is ‘n ‘spray tan’ want dit plaas net ‘n laag oor jou vel en het geen nuwe-effekte nie – en dit is baie meer goedkoper as die pigment inspuitings. Die alternatief in die midde weg is gewoonlik die beste. Met alle dinge is balans belangrik en die middelpunt tot enige oplossing.