Springbok Potjie, (Noord-Kaap Potjie)

img_20160924_132633

Bestanddele:

•2 fyngekapte uie

•4 knoffelhuisies

•olie om in te braai

•½ teelepel fyn naeltjies

•½ teelepel fyn neutmuskaat

•2 eetlepels gemaalde koljander

•2 kg ontbeende springbokvleis

•100 g spekblokkies

•2 eetlepels sout

•1 teelepel fyn swartpeper

•½ koppie gemengde vars kruie

•1 glas rooiwyn

•1 eetlepel Worcestersous

•1 koppie water of meer

•4 groot wortels, opgekap

•6 aartappels, in kwarte gesny.

So Gemaak:

1. Braai die uie en knoffel in ‘n bietjie olie.

2. Gooi die naeltjies, neutmuskaat en koljander by.

3. Voeg die vleis en die spek by en geur met sout en peper.

4. Maak ‘n mengsel van die kruie, wyn en Worcestersous en gooi dit oor die vleis.

5. Laastens word ‘n bietjie water bygevoeg. Sit die deksel op en laat prut vir twee       uur of langer, tot sag.

6. Voeg die wortels en aartappels by en kook tot sag.