STOUTE KABOUTERS EN GROENTE – LEER HULLE REG

Fun-ways-to-get-your-kids-eating-fruit-and-veg

Kinders is geneig om nie hulle groente te wil eet nie. Soetgoed, stysel, en vleis (dink aan ons boerekinders se eetgewoontes – hulle kry dit soms by hulle ouers!) is bo aan die lys. Partykeer kort dit ‘n bang-praat storie of ‘n beloning om hulle te oortuig of selfs om te koop… Kom ons wees maar eerlik.

Maar, dit is noodsaaklik dat kinders gesonde eetgewoontes aanleer om te ontwikkel en om daardie gewoontes te behou vir die toekoms. Die boompie word tog gebuig as hy klein is, daarna bly net ‘boombreek’ oor… Ons het hierdie artikel saamgestel ter opvoeding van ons hart se punt se stoute kabouters!

Jou vel is ’n broeiplek vir bakterieë en swamme, wat tot skade kan wees. Deur elke dag te was, word bakterieë weggeneem wat infeksie veroorsaak. Tandeborsel help ook om tandverrotting te voorkom. Jou niere se funksie is om urine te uit te skei, die hoeveelheid water in jou liggaam te beheer, bloed samestelling te kontroleer en water en voedingstowwe te sirkuleer.

Namate die kos deur die dunderm beweeg, word verterende sappe deur die wande van die dunderm afgeskei om die kos finaal af te breek. Die wande van die dunderm is gevoer met miljoene klein uitsteekseltjies, die villi, wat verantwoordelik is vir die absorpsie van bruikbare dele van die kos in die bloedstroom.

Kos wat nie geabsorbeer word nie, beweeg na die dikderm, waar water daaruit geabsorbeer word. Die oorblywende kos word in ’n halfsoliede massa na die rektum gestuur, waar dit geberg word totdat dit die liggaam deur die anus verlaat.

Minerale wat opgeneem word sluit in kalsium, magnesium en fosfor, wat noodsaaklik is vir die bene en tande. Kalsium is nodig om bloed te laat stol en dit kom van melk, melkprodukte en groen groente. Yster vervoer suurstof in die bloed en is nodig vir die behoorlike funksionering van die selle en spiere. Lewer, spinasie en rosyntjies is goeie bronne van yster.

Vesel is daardie deel van die kos wat jy nie kan verteer nie. Dit is egter nodig vir jou ingewande om hul werk te doen. Dit sorg dat die voedingstowwe maklik deur die ingewande beweeg sodat dit geabsorbeer kan word. Veselryke voedselsoorte is groen en geel groente, vrugte, bruin rys, bone, lensies, volkoring en semels. ’n Gebrek aan vesel veroorsaak hardlywigheid, wat tot ingewandsiektes kan lei.

Dus kan ons bevestig dat die menslike liggaam gemaak is om vars groente en vrugte daagliks in te neem en dat die gebrek daarvan tot ondervoeding en baie ander kwale lei. Die mens word tog as ‘n omnivoor (vleis- en planteter beskryf), maar groente en vrugte word sterk aanbeveel deur menigte kenners.

Water is geen voedingstof nie, maar dit  is noodsaaklik om te lewe. Die voedingstowwe in die kos wat jy eet, moet in water na die verskillende dele van jou  liggaam vervoer word. Die chemiese reaksies wat voedingstowwe in jou liggaam in energie omskakel, kan slegs in water plaasvind. Jou liggaam het ook water nodig om afvalstowwe weg te voer.

Daar is dertien vitamiene, waarvan vyf deur jou liggaam self vervaardig word. Vitamiene word in verskeie soorte kos gevind, veral groente en vrugte. So, wanneer jy jou koskeuses maak is dit noodsaaklik om die anatomie van jou liggaam en die voedingswaarde van wat jy eet in gedagte te hou.