Stress En die Moderne Lewe

wpid-stressDie teenoorgestelde van stres is om te ontspan. Deur in die hitte van die stresvolste oomblikke net ’n bietjie asem te skep, die bene te rek, miskien in die tuin te gaan stap en die blomme te ruik, of selfs net ’n bietjie te glimlag, kan wondere verrig vir die afgematte gees.

As die situasie jou so omkrap dat jy op die punt is om jou humeur te verloor, tel tot tien—of tot hoeveel ook al nodig is om jou kalmer te maak. Indien jy voel of jy verdrink in ’n see van werk, moenie paniekbevange raak (soos die hond hier langsaan) nie. Word rustig en beplan. Stel vir jou’n rooster op en werk daarvolgens, maar moenie jou tot satwordens toe verknies as jy nie presies alles gedoen kry soos jy dit wou nie.

Praat met jou hoofde of onderwysers as jy rêrig nie kan byhou nie. Gesels met jou vriende en geliefdes as iets jou hinder. Moet nie opkrop nie. Uiteindelik is dit van die uiterste belang dat jy genoeg slaap kry, dat jy gesond eet, dat jy genoeg oefening kry. Kry vir jou ’n gesonde stokperdjie waarin jy jouself gereeld ’n bietjie kan “verloor”.


As jy daarvan hou om te skep, skep iets en indien jy dit geniet om lugkastele te bou, droom baie. En, les bes, as jy hulp nodig het, kry dit. Geen sterfling kan die hele wêreld alleen op sy wankele skouers dra nie. Die uitputting-stadium wat in stresreaksie wat boontoe in hierdie artikel genoem is, kan—soos ook uit die beskrywing daarvan duidelik is—uiters nadelige langtermyngevolge vir die streslyer hê. Die hele liggaam van ’n mens word in die stres-reaksie betrek. Die sintuie gewaar die sneller wat die reaksie aan die gang sit, waarna die boodskap van gevaar of angs deur die brein ontvang word. Dan kring dit soos die golfies van ’n klip in ’n dam na al die liggaamstelsels uit. Die liggaam en verstand kan tydelike stres goed verwerk, soos waar ’n mens jou voet instinktief van ’n warm kool af sal wegruk of straks ’n rukkie lank hard sal werk om te presteer.
Die kinkel in die kabel kom as ons dag vir dag en aanhoudend aan stres blootgestel word. Die stresslyer bly in die hoogste versnelling funksioneer—gedurig gereed om te “veg of te vlug” vir daardie meedoënlose stresverwekker wat in sy spoor bly trap soos ’n getroue hond. Maar dit kan nie onbepaald so voortgaan nie.

Die eerste wat gaan breek, is die geneties kwesbare kettings in liggaamstelsels of -organe wat die gene van familiekwale huisves. As byvoorbeeld vernoude bloedvate ’n erflike beproewing in jou familie is—en jy boonop ’n onfikse oorgewig-perfeksionis en fanatieke suksesjagter is—loop jy ’n yslike gevaar om uiteindelik weens beroerte of ’n hartaanval in die hospitaal te beland of te beswyk. Selfs as die liggaam nog nie so dramaties begin ingee nie, kan dit ’n mens nog met allerhande tekens waarsku dat jy jou so geweldig ooreis dat jy besig is om jou eie paadjie na die begraafplaas te plavei. Die Engelse praat hiervan as “burn-out”(die verskynsel van “uitbranding”).

Dit word gekenmerk deur herhaalde hoofpyne, ’n gevoel van volslae afmatting, slaaploosheid, spierpyne, sweterigheid en kortasemigheid, om maar ’n paar van die fisieke tekens te noem.
Emosioneel kan die “uitgebrande” persoon vreesbevange wees, knorrig, geïrriteerd, liggeraak, huilerig, skreeuerig, buitensporig agterdogtig, kortom sommer erg beklaenswaardig en miserabel. Hy (of sy) voel leeg, die lewe raak vir hom sinloos en hy twyfel aan homself. Sy verstand voel sif, hy vergeet dinge, raak verward. Hy kan hom afsonder van mense en selfs wegkruip. Dat hierdie gevolge van langdurige stres, benewens die genoemde hart- en bloedvatsiektes, volgens die dokters ook tot kwale soos maagsere, depressie en selfs kanker ly, hoef niemand te verbaas nie. Maar kom ons kyk ’n bietjie na kanker, as een van die stres-verwante siektes, omdat die verband tussen stres en kanker (nog) nie goed gedokumenteerd is nie.