Suid-Afrika: Die land van melk en heuning

jordan_county

Vir eeue reeds word melk beskou as die slagaar van lewe vir mense en alle soogdiere omdat dit die eerste voedingsmiddel is waarmee pasgeborenes kennis maak.

Vir geruime tyd is die pasgeborene uitsluitlik afhanklik van moedersmelk en alhoewel suigelinge mettertyd ook vaste voedsel begin gebruik, bly melk steeds by die mens vir res van sy lewe ‘n gesogte, veelsydige en bykans onontbeerlike voedingsmiddel. In Exodus 33:3 word daarvan melding gemaak dat God reeds ongeveer 2000 v.C. via Moses aan sy uitverkore volk Israel belowe het dat Hy hulle sal lei na ’n land ‘wat oor- loop van melk en heuning’.(Kanaän)

Danksy die genade van ons Hemelse Vader het ons die voorreg om in ons wonderlike land Suid Afrika met oorvloed van melk te woon. Ons bekwame melkboere sorg daarvoor
dat ons elke dag vrylik en onbeperk hierdie wonderlike voedingsmiddel met sy sekondêre produkte nl. room, langlewemelk, poeiermelk, kaas, jogurt, karringmelk en gegeurde melk kan ge- bruik. Die belangrike voedingswaarde van melk lê daarin dat een liter melk 1,25g kalsium, 0,1g magnesium, 0,5g natrium, 1,25g kalium, 0,9g fosfor, 2g sitroensuur, 0,1g chloried, 0,3mg yster, 0,5mg aluminium en 0,1mg koper bevat. Ander spoorelemente wat dit ook bevat, is onder meer die volgende vitamines: 0,3mg Vit. A, 0,4mg Vit. B, 1,5mg Vit B2, 20mg Vit C en 30mg Vit D. Vet kom as ‘n emulsie voor terwyl laktose, albumien en globulien as ‘n oplossing in die waterfase voorkom.

Indien na melkboerdery in Suid Afrika binne die konteks van internasionale melkboerdery gekyk word, kom die volgende interessante feite na vore: ‘n Geraamde 1 biljoen mense bly wêreldwyd op 145 miljoen melkplase waarvan die meeste klein plase in Indië is, nl. 78 miljoen. Die enigste lande wat gemiddeld meer as 100 koeie per boerdery het, is Saudi Arabië, Nieu Zeeland, Australië, V.S.A., Suid Afrika, Engeland, Denemarke, Argentinië, Israel, Tjeggiese Republiek en Siprus. Suid Afrika is dus die enigste Afrikaland wat hierdie onderskeiding te beurt val. Ons melkboere het ondanks verskeie heersende beperkende faktore ook die vermoë om produksiegroei te toon vanaf 1,6% in 2015 tot 3,5% in April 2016.

Ook het al die sekondêre produkte in S.A ‘n groeitendens openbaar behalwe in die geval van botter wat van 5% tot 4,3% verminder het. Die kwaliteit en prestasie van ons melkboere word gemanifesteer deur die wyse waarop hulle daarin slaag om ‘n lang reeks beperkende faktore die hoof te bied en te oorkom. Ons let graag op ‘n paar van die faktore waarmee hulle rekening moet hou. Die regering se beleid van grondhervorming en onteiening bly ‘n swaard oor die hoofde van boere in Suid Afrika. Dit skep onsekerheid by melkboere vir hulle toekoms na die investering van miljoene Rand in die aankoop van plase, die vestiging van in- frastruktuur in die vorm van geboue en toerusting asook die aankoop van koeie waarvan die prys tans basies meer as R5,000 per koei is (Fries, Ayrshire, Guernsey en Jersey, wat gemiddeld 19l per koei per dag lewer). Die lang- durige, heersende droogte en die swak Rand/Dollarwaarde het ‘n drastiese toename in die prys van voerrantsoene soos byvoorbeeld mielies en sojabone meegebring.

Ook die styging in die dieselprys het die produksiekoste van voeraanplantings en die vervoerkoste van melk in tenkwaens vanaf die platteland na stedelike sentra verder verhoog. Melk- boere staan tans magteloos teenoor regeringsbepalings van minimum arbeiderslone en behuisingsvoorskrifte terwyl krag- en watertariewe ook jaar- liks verhoog word. Hulle is verder ook onderworpe aan streng wetlike voor- skrifte ten opsigte van die handhawing van higiëniese standaarde in die verskil- lende fasette van roetine melkprose- dures. Maatreëls t.o.v. die reiniging van stalle en ontsmetting van toerusting asook die voorkoming van siektes soos tuberkulose, brucellose en mastitis deur teenmaatreëls nl. pasteurisasie, sterilisasie en homogenisasie, lei tot verhoging van verdere produksiekostes.

Ondanks die briljante prestasies van ons melkboere drink hulle grootliks ekonomies aan die agterste speen t.o.v. vergoeding vir hulle insette. Terwyl hulle magteloos staan teen kostes buite hulle beheer toon die jongste statistieke van die Melkprodusente Or- ganisasie (MPO) dat die gaping tussen die pryswatdiemelkboervandiehandelaar ontvang vanaf R5.44 per liter in 2010 tot R8.20 per liter in April 2016 gestyg het. Die afgelope twee maande het dit verder gestygenverbruikerswattansdiestyging ervaar, is oor die algemeen geskok deur die drastiese toename in beide gepasteuriseerde melk en langlewe melk (boksmelk). Wat veral ontstellend is, is die feit dat daar klaarblyklik grootskaalse prysmanipulasie deurhandelaarstoegepasword. Pryse word na willekeur op en af geskuif terwyl die verbruiker uit hoofde van die onontbeerlikheid van melk verplig is om vir onbillike winsneming te betaal sonder dat die melkboer enige voordeel daaruit trek.

Dit het tyd geword dat verbruikers begin om hulle hierteen te verset en by handelaars beswaar aanteken in hulle eie belang en ook in belang van melkboere. Blink boer sê hoera vir ons dapper blink melkboere wat ondanks beperkende faktore in staat is om ‘n bevolking van 55 miljoen mense van voldoendemelktevoorsien. Laatons almal wat melk gebruik elke keer nadat ons melk in ons koffie en tee gegooi het en die koppie lig om te drink, ‘n heildronk drink op die melkboere van Suid Afrika. As jy snags wakker lê oor diemelkprysewattehoogis,drink‘n lekker glas warm melk met ‘n knertsie heuning daarin en gaan slaap rustig!