SUIKER EN DIABETE: GLUKOSE VS FRUKTOSE

Suiker is nié net leë kilojoules nie. Suiker maak ons nie net vet nie, dit kan ons ook siek maak,”sê Dr. Louise Schmidt, professor in gesondheidsbeleid van die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles (UCLA).

“Die gebruik van
glukose verminder die bloedvloei na die dele van die brein wat eetlus en honger beheer – terwyl fruktose dit nie doen nie,” sê ons deskundiges. Fruktose is tog baie beter as gewone suiker. “Maar volheid en versadiging verhoog ná die inname van glukose, maar nie ná die inname van fruktose nie,” bevestig die redaksie uit die British Medical Journal.

Jy eet en drink fruktose by die kilogram. Jy weet dit net nie. Fruktose is een van die algemeenste bestanddele in ons kos. Dit is die helfte van elke korreltjie suiker wat jy eet, want elke molekuul suiker bestaan uit een molekuul glukose en een molekuul fruktose – ’n tweeling elk met sy eie trekke. Altwee kan wel skadelik vir jou gesondheidsbeleid wees. Die grootste bron van fruktose is nie kos nie, sê Dr. Louise van den Berg van die Universiteit van die Vrystaat. “Dit kom van koeldranke!”

Fruktose kom ook voor in ’n menigte versoetmiddels in klaarbereide supermark items en veral in HFCS (‘high fructose corn syrup’), wat selfs meer omstrede is omdat dit so wyd gebruik word. Van jou tamatiesous tot jou blikkie sousbone is propvol suiker – en dus ‘fruktose’ (gesonder as glukose, maar nogsteeds skadelik) – en/of ander vorms van versoetmiddels wat ook fruktose bevat. Daar is selfs fruktose in heuning (2g in elke teelepel heuning, teenoor suiker se 2,5g). Die “natuurlike” plaasvervangers soos agavestroop het tot dubbel soveel fruktose! Agavestroop bevat sowat 4g fruktose per teelepel. Vrugte bevat ook fruktose – en veral druiwe, waatlemoen, appels, nektariens, kersies, lietsjies, appelkose, pere en droëvrugte soos sultanas en dadels is ryk aan fruktose.

Die gulde reël is dat jy vyf groente en vrugte per dag moet eet. As jy fruktose wil beperk, kan jy vyf groentes eet, eerder as drie groentes en twee vrugte. Moet veral nie fruktose drink nie. Koeldranke bevat superhoeveelhede vrye suiker/fruktose. Sny veral vrugtesappe, versoete water, sportdrankies, versoete melk, versoete jogurt en alle gaskoeldranke in blikkies en bottels. Alkoholiese koelers, likeur en sjerrie is ook propvol fruktose. Kies liewer doodgewone water, sodawater, dieëtkoeldranke, gewone melk en droë-wyn, wat almal vry van fruktose is, hoewel wyn ook as leë kilojoules tel. Jy kan hardehout skoon, op ys, met water, met dieëtkola of met sodawater drink maar nie met fruktoseryke tonikumwater, limonade en soet koladrankies nie.

Op die einde van die dag is dit matigheid wat voor oë gehou moet word. Is suiker of liewer glukose regtig gesonder as fruktose? Ja, gewis. Maar altwee is beide sleg vir jou gesondheid en veral as jy ‘n diabeet is. So, die beste raad is suiker, glukose, en fruktose vry vir die diabeet. Vir die res van ons sal dit goeie raad wees om net ons inname van hierdie genoemde items te verminder. Hoe minder suiker, hoe gesonder – punt!