Suurlemoenskuimtert

11

Gebruik Tennis-beskuitjies, fyngemaak en met net ‘n bietjie margarine gemeng om dit te heg, as ‘n kors. Druk dit in ‘n gesmeerde tertbord vas (moet nie baie dik wees nie). Bak so 5 minute lank tot ligbruin by 180°C en laat dit dan afkoel.

Vulsel:

• 1 blik (397 g) gekondenseerde melk

• 125 ml suurlemoensap

• skil van 1 suurlemoen (gerasper)

• 2 eiers (geskei)

• 25 ml strooisuiker

So Gemaak:

1. Meng die suurlemoensap, gekondenseerde melk, skil en eiergele goed.

2. Vul die tertkors

3. Klits eierwitte styf met die stooisuiker tot dit punte vorm en bedek die tert daarmee.

4. Bak in matige oond (180°C oond vir 10 minute of tot ligbruin)