SWARTBESSIES, BLOUBESSIES EN APPELLIEFIES – ‘N NIS-MARK

Die mark vir swartbessie, bloubessies, en appelliefies was agt jaar terug in die rooi. “Die bedryf moenie produsentgedrewe wees nie, maar eerder markgedrewe,” het Trevor Mckenzie, ‘n kenner op die bloubessie gebied op ‘n simposium tydens die Bien Donné-ekspo gesê.

Die mark moes aanpas van produsentgebaseerd tot markgedreef. “Ons kyk na taamlik swak opbrengste,” het McKenzie uitgelaat toe die bogenoemde vrugte nog nie so bekend en in aanvraag was nie. Grondvoorbereiding kan van niks tot R80 000 per eenheid kos. Bloubessies het drie primêre grondvereistes: ‘n Lae pH-waarde, ‘n lae klei-inhoud en baie organiese materiaal. Onthou, bloubessies is bosse wat op woudvloere gedy. Besproeiing kan ‘n verdere R50 000 per eenheid kos, na gelang van die grootte van die bloubessie-eenheid.

McKenzie was huiwerig om oor syfers te praat, maar het ‘n rowwe koste-uiteensetting
vir ‘n bloubessieboerdery gemaak.
Die plante sal ‘n boer sowat R50 000 per hektaar uit die sak jaag, maar dit hang af van die kultivars, die afstand tussen die plante, waar die plantmateriaal vandaan kom asook of daar enige tantième op die plante betaal moet word.

“In die toekoms sal produsente nie meer R100 per kg kry nie. Argentini & euml en Chili mik vir dieselfde markgleuwe as Suid-Afrika. Argentini & euml kan in die begin van die seisoen voorsien en Chili teen die einde. Ons kyk dus na ‘n produk wat in die toekoms baie meer kommoditeit-geörienteerd sal raak. “Ons sal die veranderinge oor so vyf jaar begin voel,” het McKenzie gewaarsku.

Maar tans plaaslik in Suid-Afrika het die mark vir allerhande bessies toegeneem. Dit het veral ontstaan in ‘n nis-mark, en ‘n baie belowende mark ook bygesê. Die jonger geslag het ‘n leefstyl mode verandering ondergaan. Dieëtkundiges en spierbou- en oefengurus het al hoe meer die gebruik van swartbessies, bloubessies, en appelliefies aanbeveel. Van vrugteslaaie, gewigsverliessapdieëte, tot by nageregte, en tot as ‘n natuurlike geneesmiddel vir allerhande siektes en kwale het bessies ons Suid-Afrikaanse mark oorgeneem.

Dit is nou ook hoë mode om met gym-oefeninge te hidreer met bessiesappe. En, wat die naglewe betref, alhoewel daar nog die ou bekende drankies by kroeë en nagklubs te koop is, het daar vele nuwe ‘berry cocktails’ ontstaan wat slim uitgedink is deur die kroegman en vermaaklikheidsdenkers om sodanig die konsep van ‘gesond te hidreer’ en ‘party’ te verenig.

Dit is baie goeie nuus vir die bessieboer wat met swartbessies, bloubessies, appelliefies en die soort vrugte boer. Die mark het opgetel weens die toedrag van hoë-LSM (ons hoëklas verbruikers geleë veral in die Constantia, Sandton, en Kaapse Bloubergstrand gebiede). Sulke bessie-‘cocktails’ is baie gesog veral onder die gesondheidsbewustes en die gay gemeenskap. Ons konserwatiewe boere moet onthou, vergeet ou diskriminerende idealogie en ‘maak maatjies,’ dié soort mof-‘yuppies’ hou die hoë ekonomie aan die gang.

Daar het ook baie koskenners ontstaan wat resepte uitdink wat hierdie bessies se verkope bevorder. En moenie vergeet van nageregte nie. ‘n Bloubessiekaaskoek was nog altyd ‘n treffer, gaan kyk maar in enige ordentlike koffiewinkel of restaurant. So, aan ons getroue bessieboere – hou hierdie hoekie van die ekonomie goed aan die gang en saai en bring daardie blywende bessies in!