TARENTAAL ITALIANO:

2 groot tarentale, in porsies gesny
30ml rooiwyn asyn
gegeurde seesout
koekmeel
60ml olyfolie
3 selderystingels, gesny
3 knoffelhuisies, gesny
30ml tamatiepesto of -pasta
250ml geskilde, gekapte vars tamaties
250ml rooiwyn
sout en peper
250ml hoender aftreksel
125ml ontpitte groen olywe
125ml pitlose rosyne
30ml gekapte vars pietersielie

Vryf die vleis met die wynasyn in, bedek en laat staan ‘n paar uur by kamer temperatuur. Dreineer en besprinkle liggies met seesout en meel. Verhit die olyfolie in ‘n swaarboom kastrol en verbruin die vleis vinnig. Skep met ‘n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Voeg die seldery, knoffel, tamatiepesto, tamtaties, rooiwyn, geurmiddels en 250ml hoender aftreksel by. Kook vinnig tot dit indamp. Voeg vleis by. Verlaag die hitte, bedek met botter papier en plaas ‘n deksel op die kastrol. Prut 1-2 uur lank stadig of tot die vleis sag is. Voeg res van die bestanddele by en kook nog 10 minute sonder deksel. Sit voor.

One thought on “TARENTAAL ITALIANO:

Comments are closed.