Tegnologie, Robotte en Meganiese Toestelle Neem Boerdery Oor

ipad-farm-israel-facebook-agritechDie boerderybedryf is geken as ‘n arbeids- en arbeiders-intensiewe veld. Mense, werkende hande en plaasarbeid was nog altyd die bedryfsstandaard. Maar, soos tyd verloop het word al hoe minder mense-arbeid in ag geneem en die vermindering word hoog op die skaal geplaas. Daar kom al hoe meer tegnologie en masjiene voor in die plant, oes en besproeiing van koring, plante en vrugte.
Al hoe meer fabrieke meganiseer wat beteken daar word meer vervoerbelde gebruik en masjiene wat dan die selektering en verpakking onderhou. In baie gevalle, wat al hoe meer plaasvind, is dat oeste, vrugte en groente glad nie meer met menslike hande hanteer word nie, alles word op een of ander manier deur ‘n industriële robot gedoen. Ons het strenger internasionale arbeidswetgewing nodig om ons alledaagse plaaswerkers en werkers oor die algemeen te beskerm teen die uitbuiting van multinasionale maat- skappy sindikate wat werkers ontgin en misbruik as goedkoop arbeid of deur hulle werkssekuriteit te vervang met robotte.


Tegnologie is besig om die plek in te neem van menslike arbeid, en dit is nogal ‘n harde terugslag vir die arbeidsmark. Multinasionale korporasies wat deur wettiglik gapings in ons en ander lande se wetgewing kry dit tog reg om die mag van produksie te verskuif as die arbeidswette hulle nie pas nie en as meer lone minder profyt oplewer. En natuurlik, is daar vele meer voordele met die gebruik van tegnologie en robotte in vergelyking met mense as jou hoofbron van arbeid.
Eerstens, met ons plaaslike pro- bleme in Madibeng en in Suid-Afrika as ‘n geheel met betrekking tot die vlugtige arbeid en ekonomiese toestande wat heers is robotte die droom antwoord vir maatskappye. Robotte staak nie, hoef nie etenstye te neem nie, stap nie elke uur of twee uit om te gaan rook nie, kla nie en praat nooit terug nie! Dis nou enige baas se droom ‘werknemer.’ Maar ons moet die implikasies in ag neem wat werkers betref. Baie sal hulle werk verloor.
Ons arbeidswette maak dit tog nie makliker vir besighede nie. Daar is net soveel vereistes om aan te voldoen en die beste van alles is dat hierdie vereistes glad nie op robotte van toepassing is nie. En hier kom die groot voordeel, robotte staak en stry nie vir hoër salarisse nie, en het nog minder verlof nodig – en kan dag en nag hardloop. Al wat nodig is, is die instandhoudingswerk wat nogsteeds minder uitwerk in rand en sent as om ‘n hele werksmag aan te stel. Op ‘n meer humoristiese noot sou ons liewe vroue ‘n elektroniese bediende ook aanraai. Drink ‘n knoppie koffie of twee en aandete staan klaar reg – pure pantoffel vreugde – meer tyd vir die Huisgenoot en blokkiesraaisels.
Dit is ook geen geheim dat die helfte van besighede in Japan bestaan uit muntoutomaat masjiene (vending machines) wat net jou geld inslyp en jou gesogte produkte laat uitval met die regte kleingeld en al. Party werk tot met krediet koate en kontant. Plaasboere vervaardig verskillende benodigdhede soos tekstiele, gereedskap, olies en verbruiksgoedere.

Die groot nadeel kom in waar menslike arbeid heeltemal uitgesny word en massas mense sit werkloos. Die groot voordeel en voorbrand is dat dit koste bespaar en produktiwiteit vermeerder tot ‘n hoogtepunt dat dit onmoontlik sou wees vir enige mens om soveel produktiwiteit te kan lewer in so ‘n kort tydperk. Vir die buiteland wat ekonomiese wanbalanse deur geldeenhede en verskuiwende produktiwiteit kan verlig is dit ‘n goeie ding, maar vir Suid-Afrika vra jy vir derde wêreld oorlog met ons militaristiese unies.