Turksvye en jou vel – ‘n skoonheidskombinasie sensasie!

landscape_nrm_1425077429-stocksy_txp8ebadc5aimk000_large_457668

‘n Turksvy is pienk, lekker van smaak, en maak ‘n baie fotogeniese ‘margarita.’ Maar, dis ook nie al nie – dit is ‘n skoonheidskombinasie wat huidig ontvou het in die sensasie van die tyd wat velsorg behels.

Turksvy bevat aminosure, vitamiene B, kalsium, beta karoteen, magnesium en yster. En dit is net so voordelig op die vel as om geëet teword.Dit is hoekom turksvy al hoe meer in skoonheids produkte voorkom. Daar is ‘n paar wenke om die meeste uit hiérdie vrug uit te kry, of jy nou die ‘DIY’ roete neem of dit wil aanwend as deel van jou gunsteling skoonheidsproduk.

“Mense in Israeliese woestyn meng dit met water en gebruik dit as ‘n salf om die warmbrand van die wind af te weer,” sê dermatoloog Jeannette Graf. Nou voeg skoonheidsmaatskappye dit by as deelvanserums, olies, enmaskers. Die vrug beveg inflammasie en het dus ook ‘n verjonging uitwerking op die vel aangesien inflammasie die eerste tekens van veroudering voorspel. As jy wel besluit om die ‘DIY’ roete te neem (wat ook bekostigbaar is) al wat jy nodig het om te doen is om die doring skil te verwyder, die sap uit die middel van die vrug uit te druk, en dan dit met gelyke hoeveelhede water of aalwyn te verdun (aangesien dit wel die vel kan irriteer as suiwer aangewend), en dan dit om jou gesig en liggaam te smeer.

Jy sal onmiddellik sien hoe verdwyn die rooiheid oorals op jou vel. Toe hiérdie raad wel
op die bekende sosiale media platvorm Facebook verskyn het, het die ‘post’ meer as 628 000 ‘likes’ gekry wat vanselfsprekend is van die effektiwiteit van hiérdie skoonheidswenk. Deesdae, is daar soveel duur produkte op die mark wat ‘n arm en ‘n been kos. Dit is onnodig om die verskeie skoon- heidsprodukte by name te noem wat die inisiatief geneem het om hiérdie besonderse vrug deel van hulle bestanddele te maak. Jy kan nou jou eie skoonheidsproduk binne sekondes aanmekaar slaan wat in seker opsigte ander skoonheidsprodukte kan oortref aangesien die turksvy een deel van die produk maak en dat sekere produkte net om hiérdie een bestanddeel die goue kalf bou.

Deskundiges raai aan dat om hierdie tuisgemaakte salf soggens en in die aand aan te wend rooi merke, algemene rooierigheid en vel wat sensitief is wel verligting gee, terwyl dit ook plooie beveg en dan ook die probleem van geswelde kolle om die oë en swelling in die gesig en die vel op an- der dele van die liggaam ook suksesvol verlig. So, voor jy weer jou beursie of bankrekening ‘onsedelik aanrand,’ om net daardie gesogte ‘anti-ageing serum,’ of ‘even tone’ skoonheidsproduk te koop, maak maar gerus ‘n draai by jou plaaslike groente- en vrugtewinkel, of selfs by jou plaaslike supermark en kry vir jou ‘n sak turksvye wat meer as voldoende is vir daardie velprobleem wat jou so daagliks hinder.