Van hoenderboerdery tot volhoubaarheid.

HOENDERHierdie tyd van die jaar kry besighede swaar en verbruikers is platsak. Hiérdie begin van die jaar is nog meer moeiliker in spesifiek as elke ekonomies jaar voorheen beleef. Die droogte wat veroorsaak is deur te min reën, wat dan die kwaliteit en kwantiteit van veevoer, groente en vrugte, en ook die koste van vleis verhoog het slaan ‘n mens nogal vol-vuis hard waar dit saak maak – die beursie.

‘n Oplossing wat jou gesin kan voed en ook terselfdertyd lonend kan wees is om ‘n hoenderboerdery in jou eie agterplaas, of as jy ‘n groot grasperk het, te begin. Baie mense glo nou weer nie daarin om ‘n hoender te slag en te eet wat jy self grootgemaak het – maar in tye van skaarste moet die fiemies maar by die agterdeur uitwaai!

Al wat jy regtig nodig het is ‘n verskaffer van kuikens, heiningdraad, karton, ‘n water toevoeg en saagsels, en natuurlik voer. Jy kan besluit om met gewone hoenders te boer of dit te doen met die ‘free range’ konsep in jou agterkop.

Altwee is ewe lonend en lekker in die pot, in die oond, of somer op die vuur – my liewe land, ons is tog Suid-Afrikaners en boere om meer spesifiek te wees. Die skoonmaak werk kan partykeer bietjie van ‘n uitdaging wees, maar mens raak dit vinnig gewoond. Dit sluit net die weeklikse opgrawe en skoonmaak van die saagsels in die hoenderhokke in en om die saagsels om te ruil. Kos en water gee is soos met enige boerdery volgens instruksies en volgens ‘n voedsel roetine wat vir hoenders ‘vleis-bou’ waarborg. Of jy nou voer wil gebruik wat hormone bevat of nie – dit is jou keuse. Hormoonlose voer is eintlik meer gesonder want dan sal jy met hoenders boer wat spier-vleis opbou in plaas van net ‘n vorm van nagemaakte vleis en te veel vet. Dit is ook gesonder vir die koper.

Met die ‘free-range’ opsie kan jy net eenvoudig hoenderkos oor jou erf se grasperk gooi of versprei – en dit is so maklik soos dit. Al ding met ‘free-range’ is om die wetters gevang te kry vir verpakking, vervoering, en om te slag! Daar is ook vele slaghuise in die Brits-Madibeng area wat jy kan benader om die hoenders vir jou te slag teen ‘n bekostigbare prys. Of jy kan die hoenders direk verkoop aan slaghuise en restaurante, of direk aan die publiek sou jy die hoenders wou self slag of laat slag – net soos dit jou pas met betrekking tot bekostigbaarheid en hoeveel moeite jy gewillig is om in te sit.

Mense koop oor die algemeen meer hoendervleis omdat dit meer bekostigbaar is as rooivleis. En in ons omstandighede wat die ekonomie betref – veral as mens na die rand en dollar syfer kyk is ‘n tuis hoenderboerdery vir profyt of huishoudelike gebruik tot ‘n groot aanwins.

‘n Mens kan tot ‘n stap verder gaan en hoender geregte voorberei of net eenvoudig die hoender gaar maak en as ‘n ete verkoop. Voor jy waag om te lag, dink ‘n bietjie aan die sukses storie van bekende handelsname soos Kentucky en Chicken Licken. Al wat jy nodig het is die moed, geduld, bereid wees om hard te werk – en jy kan maklik so jou finansiële probleme verlig en jou inkomste ‘n hupstoot gee.