Van Tuin tot Teekoppie.

blommeOns weet ons boere is gewoonlik versot op boeretroos, maar in ons moderne tyd is boeretroos besig om die geveg te verloor teen gewilde en gesonde konsep van tee drink. (en vir ons ouer gardes wat die Blink Boer graag lees, dit het niks met die Anglo-Boereoorlog te doen nie – kalmeer!).

Verskeie soorte tee het nogal populariteit verwerf deur die stigting van kruie-agtige smakende tee soorte soos bedien word in ‘koffiewinkels’ regoor die land. ‘n Handelsnaam wat ‘n skare van ondersteuners al uitgelok het in Suid-Afrika is die bekende Chai-tee.

Met ‘n bietjie insig en nie te veel moeite nie kan jy self jou eie teetuin verbou. As groentetuin en vrugteplant nou nie juis jou koppie tee is nie, dalk is van teetuin tot teekoppie vir jou meer gepas.

Kom ons spring weg op ‘n gesonde noot en begin met ‘n groen teetuin. Die wetenskaplike naam is Camellia sinensis. Die soort plant is gewild vir sy pragtige blomme gedurende herfs en winter. Dit word interessant ook gebruik vir ‘wit’ en ‘swart’ tee. Die geheim met groen tee is om die boonste twee blare en die blomblaar te pluk net voor die nuwe groei wat gebeur in lente.

Jy kry ook die var-tipe wie se oorsprong uit Assam in Indiese binneland is. Die meer bekendste tipe is die bogenoemde van Sjina. Daar is verskillende metodes om hierdie tee te groei, oes, en te droog om verskillende tipes tee te maak.

Die maklikste metode is om jou tee in ‘n blompot te plant. Jy kan die tee plante gesnoei hou op ‘n lengte wat vir jou gemaklik is om te bewerk. Die klein wit blommetjies wat uitspruit in herfs kan ook gebruik word om jou teeblare ‘n verdere eksotiese smaak te gee.

As jy jou teeblare oes, moet jy die blare verhit voor jou oes van self uitdroog. Die blare word dus gestoom vir twee minute. Dan moet jy onmiddellik die blare afspoel in koue water om die ‘groenigheid’ te behou. Jy kan daarna die blare oprol in Sushi papier en uiteen sit in ‘n bakoond. Dan moet jy jou oond voorverhit tot so net oor 100°C vir so 10 to 12 minute.

Jy moet dan jou teeblare so elke vyf minute omdraai om seker te maak dat dit gelyk verdroog. Die uitdroog proses word eers beëindig wanneer die teeblare heeltemal helder droog is.

Om ‘n lekker hoogsgesonde kan groen tee te maak het jy net ses blare nodig. Jy kan die blare vir drie minute laat kook en dan skink en drink met die gebruik van ‘n tee-kolander of net enige tipe sif met gaatjies klein genoeg om die blare terug te hou.

Groen tee is ‘n sterk stimulant, is anti-bakteries en is goed diureties wat beteken dit spoel jou sisteem en niere uit van al jou liggaam se gifstowwe – eenvoudig gesê: jy gaan in ‘n besonderse noue verhouding met die wit troon tree (toilet vir die wat dit nog nie gevang het nie). Die vitamines en yster in groen tee verlaag ook cholesterol en vertraag die verouderingsproses – uiteindelik iets wat natuurlik vir plooie werk!