Vang Die Laaste Vis Voor Die Winter!

tumblr_m6kfy2yYam1qi21r6o1_500Visvang is die eén ding wat ons mense baie van hou. Die stille viswaters, terug sit en wag vir daardie opwindende ‘buit,’ en natuurlik ‘n bier of twee het nog nooit veel skade gedoen nie. ‘Dop en chop’ is gewoonlik die in ding maar ‘n lekker smeulende visbraai in die geval nog beter. In die winter is visse gewoonlik maar stil en buit nie juis nie. Bedink jouself langs die viswaters in die koue winter en dan moet dit nog reën ook – vroulief kla en kriewel klaar van ‘nat en vuil word’ stuiptrekkings…


Natuurlik is die kinders dan in hulle noppies en baljaar in die modder en water soos dit lekker woes gaan. Maar kom Maandag oggend loop die snot neusies en die eina kele en dan is dit ‘n gehuil en ‘n gekerm – so liewe visvanger man van naam, soos ons wat ons plaaslik volksmond sal se, “bad idea.”

Dit is definitief ‘n ‘no-no.’ En jou vrou sal vir ewig op jou rug wees. As jy nou regtig daarop aandring om vis te vang in die winter dan is forel jou beste keuse, hulle sal nog buit waar ander visse nie minder kon omgee al sou jy hulle wou verlei met ‘n McDonalds burger op ‘n hoek. Maar, hou weer vir vroulief en kinders in jou agterkop – huis moles is nie grappies nie. So, van hier tot daar en oorals waar – die oplossing is vang jou laaste vis voor die winter en geniet dit inderdaad terwyl dit moontlik is.

Maak daardie laaste visvang uitstappie ‘n belewenis om regtig deur die winter maande van te ‘brag.’ Pak daardie piekniek mandjie en dink solank aan ‘n lekker vis resep saam met ‘n gesonde slaai.
Die piekniek mandtjie is nie die bier koeler boks ouens nie – neem vroulief in ag jong. Dit gaan oor wat julle gaan eet en geniet – nie net drink nie. En die van julle wat versot is op die harde- hout, bly asseblief net uit die water uit, of jy nou swem vaardigheid in hoërskool gewin het of nie, as jy vrolikis en geseënd is met ‘n boepens is dit ‘n herrie se ding om jou uit die water uit te kry en familie en vriende sal dit nooit vergeet nie. En jy sal op eindig as die grap van die seisoen. So, van die vis op die boot, beplan solank jou kamp wegbreek in die winter en los die visvang vir volgende seisoen.

One thought on “Vang Die Laaste Vis Voor Die Winter!

  1. Asb wil graag weet of die suikerbeet ( sweet beet) wat oorsee geplant word ook in SA aangeplant word. Het onlangs gelees in Farmers Weekly dat die Regering beplan het dit aan te plant vir suiker maar om verskeie redes daarteen besluit het.
    Dit sal voordelig wees om dit as veevoer aan te plant.
    In Ierland word dit as voer vir melkbeeste geplant. (beeste eet wortels en blare ).
    Het paar sade persent gekry en eet elke tweede dag vd blare..rou of gaar.
    Die Iere noem dit ook Fodder Beet.
    SAL DIT NIE WONDERLIK WEES AS ONS ALMAL IN SA DIT KAN AANPLANT. HET BESONDERSE VOEDINGSWAARDE ( vlgs artikels internet )

    Beste

Comments are closed.