Verbouing van ‘n kweekhuis gee jou finiansiële vryheid.

KWEEKHUIS

n Kweekhuis is ‘n struktuur met ‘n ligdeurlatende bedekking soos glas of plastiek waarin plante gekweek word. Beter kwaliteit landbouprodukte kan gekweek word in ’n kweekhuis. Met ’n kweekhuis is ’n verlengde kweekseisoen ook moontlik, sodat meer produkte per jaar gekweek kan word (selfs in die winter) en ‘n hoër opbrengs/m2 verkry kan word. In ‘n kweekhuis kan jy regdeur die jaar plant en dus is dit volhoubaar.

Die fondament van die kweekhuise moet reg vasgelê word, dit is uiters belangrik soos met enige ander struktuur. Die instandhouding moet ook in ag geneem word en nodige kapitaal moet beskikbaar wees sou iets reggemaak moet word. Die bouplek, verhittingsprosedures, verkoeling, algemene temperatuur, kwaliteit van net of plastiek wat gebruik word, en die besproeingsmeganisme alles bepaal wat jy in jou kweekhuis kan groei. Die voordeel van ‘n kweekhuis is dat jy die temperatuur, humiditeit, en daglente kan bepaal. Hitte vlakke kan dus beheer word en dit versnel kwaliteit groei.

Met produksiefaktore soos omgewingstemperatuur, lig, water en bemesting, kan seisoene kunsmatig in die kweekhuise geskep word. Die produkte word dan ook beskerm teen uiterste weersomstandighede,soos hael, stormwinde, hittegolwe, ryp, insekplae van buite, ens. Voeg hierby tegnologie soos hidroponika (‘n duur kweekhuisstelsel) , outomatiesetemperatuurbeheer en skadu gordyne, dan is maksimale produksie moontlik. Nederland met sy 10 000 ha onder kweekhuise is die wêreld se tweede grootste uitvoerder van landbouprodukte. Maar jy hoef nie eers so vêr te gaan om goeie opbrengs te kry nie.

Suksesvolle sakemanne sê jy kan nie geld maak as jy nie bereid is om geld te belê nie. Die belegging in infrastruktuur sal die entrepreneur beloon met hoër waarde produkte wat in aanvraag is by die hoër kwaliteit huisnywerhede kafees wat ’n premie vir gehalte sal betaal. Met duurder wordende energiekoste, is die regte doelgemaakte kweekhuis een wat die minimum energiekoste sal hê. Die Hollanders bv. bou deesdae kweekhuise wat 6m hoog is om as buffer te dien teen hitte en koue.

Die verhitters of verkoelingstelsel hoef dus nie meer so gereeld aan en af te skakel nie weens die groter lug buffer bo in die kweekhuis. Die besparing in energiekoste kompenseer vir die effens hoër kapitaalkoste. Die gebruik van kweekhuise is tans onderbenut in Suid-Afrika. Ondersteuningsnetwerke (‘clusters’) kan meer sukses in die kweekhuisbedryf verseker. Jy sal ook die kwaliteit en gehalte van jou groente en plante hoogs verbeter as om normaal weg in die ope te saai. Dis ’n onderwerp vir ’n ander dag. Met kennis, deursettingsvermoë en ‘n boer maak ‘n plan houding is enige iets moontlik. ‘n Mens kan maklik volhoubaarheid bekom en finansieël baat by die oprigting van ‘n kweekhuis – wat ook meer effektief werk en uitstekende groente en plante groei.

One thought on “Verbouing van ‘n kweekhuis gee jou finiansiële vryheid.

  1. To begin with I had to read the books myself to see what
    kind of information I would need to succeed
    with very little money. But a question arises, if you are working full time in a job
    on a fixed salary and rest of the time left after office hours or on holidays and Sunday
    you work extra for more income then how much time is left for you to
    enjoy the life. The web is a sensitive place, so the best business web hosting
    companies have ample security measures in place to ensure customers and
    their customers have safe experiences every time.

Comments are closed.