Geskiedenis van Koring in SA

 

wheat0442LK1-300x195

Oorsprong van koring

Koring bestaan reeds vanaf die Bybelse tyd en is een van die vernaamste graansoorte waarmee die mensdom homself voed. Koring is oorspronklik vanuit die Levantgebied in die Midde-Ooste en die Ethiopiese hooglande en word nou regoor die wêreld verbou. In 2009 was die wêreldproduksie van koring 682 miljoen ton, wat dit die tweede mees geproduseerde graan maak naas mielies (817 miljoen ton) en met rys in die derde plek (679 miljoen ton).

Koring is ook een van die oudste gedomestikeerde plante. Die temming van koring vind waarskynlik reeds ongeveer 10 000 jaar gelede plaas in die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Teen ongeveer 5 000 jaar gelede het koringverbouing ook die grootste deel van Europa bereik.

‘n Millenium later het die Sjinese met die gewas kennis gemaak. Met die koms van seevaart, het koring na die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond versprei. Koring is ‘n eenjarige gewas. Vir eeue heen word daar al teling gedoen om beter koringkultivars te probeer skep. Daar is byvoorbeeld winterkoring wat in die herfs geplant word en veral geskik is vir broodmeel, en lentekoring wat vir sagte gebak soos koek gebruik word.

In die 20ste eeu is ‘n buitengewone Japannese kultivar gebruik om korter, meer windbestande plante te teel. In Suid-Afrika is daar minder onderskeid tussen winteren lentekoring as in kouer lande en word die meeste koring in die herfs gesaai. Koring word in bykans elke provinsie in Suid-Afrika verbou, wat ‘n bewys van die gewas se besondere aanpasbaarheid is. Die Wes-Kaap,

Vrystaat en Suid-Transvaal is groot koringproduserende gebiede. Die saad kom voor in die vorm van are, en ongeag die soort, dra die meeste koringare van dertig tot vyftig korrels. Koring word op ploeglande gesaai en deur groot stropers geoes wat die koringare afsny en die koringkorrels van die res van die plant skei. Die oorblyfsels van die gedorste graan word kaf genoem.

Vestiging van koring in Suid-Afrika

Die eerste gesaaide koring in Suid-Afrika is reeds op 13 Januarie 1653 geoes, minder as ’n jaar nadat Jan van Riebeeck met sy span Europese setlaars hier aangekom het. Dit is ‘n duidelike bewys van watter hoë waarde daardie mense aan hierdie graansoort geheg het. Daardie eerste lappies koring is waarskynlik naby die Kasteel gesaai, miskien nog voordat Van Riebeeck sy groentetuin aangelê het. In daardie beginjare het die koringboere maar erg gesukkel. Daar was talle probleme met variëteite wat nie lekker aan die Kaap geaard het nie, asook met koringsiektes en die baie winterreën.

In die eerste halfeeu is daar dan nie eens genoeg koring vir eie gebruik gekweek nie, wat nog te sê om in die behoeftes van die verbyvarende skepe te voorsien. Trouens, dit was eers in 1968, ’n stuk of drie eeue later, dat Suid-Afrika hierin selfvoorsienend geraak het. Nadat die vroeë pioniers die binneland ingetrek het, het koringverbouing uitgebrei na gebiede waar hierdie graansoort veel beter

geaard het. Teen 1752 is die gewas al in bekende koringstreke soos die Swartland by Riebeek-Kasteel, Piketberg en Malmesbury gekweek, asook in die Rëens by Botrivier en Riviersonderend. Vandag se koringboere sal heel waarskynlik skeef opkyk oor die destydse oestyd wat in Januarie

plaasgevind het. In die winterreënstreek van ons land word koring immers in Oktober en November geoes, gewoonlik net nadat die laaste winterreën uitgesak het. Kenners sê die toenmalige weerpatrone en variëteite het waarskynlik ’n rol gespeel om die boere later te laat oes as vandag.

In ons eie omgewing is die plant van koring ouer as pap en wors. Selfs ‘n koringgerf was op die embleem van ons destydse stadsraad. Koring, tabak en mielies het die lande volgestaan. Destyds het daar in die orde van 100,000 ton koring vanuit ons omgewing in die silo’s beland. Dit was goeie jare. Die verbouiing van koring vandag is onder geweldige druk as gevolg van ‘n swak prys en

hoë insetkostes. Alternatiewe kom partykeer na vore soos byvoorbeeld geleenthede wat nou voorkom met goeie mieliepryse as gevolg van laas jaar se swakker oes.

Dit plaas die boer dan weer in n ander scenario waar hy dan net 3 oeste in ‘n siklus van twee jaar kry in plaas van 2 oeste per jaar. Boere sukkel om koring te produseer om gelyk te wees met die invoerprys. Die ingevoerde koring word sterk gesubsidieër deur daardie uitvoerlande. Ons is ‘n land van geleenthede en moet seker maar probeer om entoesiasties en positief die toekoms aan te pak.

Destyds was die oestyd van koring ‘n heuglike gebeurtenis. Almal was opgewonde en die glimlagte was breed. Ons onthou mos nog destyds Carike Keuzenkamp se liedjie: “Oom Jan sny koring op die land……. ag dankie vrou dis lief van jou, die oes lyk nie te sleg………. jy kan vir Pietman klere koop en jou ‘n nuwe kerkhoed…….

11 thoughts on “Geskiedenis van Koring in SA

  1. Hi would you mind letting me know which hosting company you’re
    using? I’ve loaded your blog in 3 completely different web browsers and I
    must say this blog loads a lot quicker then most. Can you recommend a
    good hosting provider at a fair price? Kudos, I appreciate it!

  2. Wow, fantastic blog structure! How lengthy have you been running a blog for?
    you make running a blog look easy. The total glance of your website is excellent,
    as smartly as the content!

  3. I simply want to say I am newbie to weblog and certainly savored your website. Likely I’m going to bookmark your blog . You surely come with awesome article content. Thanks a lot for sharing with us your blog site.

  4. I simply want to mention I am newbie to weblog and truly loved you’re web-site. Most likely I’m likely to bookmark your site . You absolutely have incredible writings. Cheers for revealing your blog site.

  5. I just want to mention I am all new to blogs and truly loved this website. Probably I’m planning to bookmark your site . You surely come with beneficial stories. With thanks for sharing your blog.

  6. Terrific work! This is the type of information that should be shared around the web. Shame on the search engines for not positioning this post higher! Come on over and visit my site . Thanks =)

  7. I just want to say I am beginner to weblog and seriously liked your web page. Very likely I’m planning to bookmark your blog . You definitely come with excellent posts. Thanks a lot for revealing your blog.

  8. I just want to say I am newbie to blogs and really enjoyed your blog. Probably I’m likely to bookmark your blog post . You certainly come with perfect articles and reviews. Thanks a bunch for sharing with us your blog.

Comments are closed.